×
Skakel na Engels

4 Wenke vir Uitslaapaande

Hou jy ’n uitslaapaand vir ’n klomp giggelende meisietjies? Volg dié wenke vir ’n prettige pajamapartytjie:

 

 

1. Stel die ander ouers gerus deur jou planne met hulle te deel. Maak seker jy het almal se kontaknommers ingeval hul kinders wil huis toe gaan of siek word.

 

2. Hou die gastelys kort! Ses klein meisietjies klink nie in daglig so erg nie, maar wanneer hulle teen middernag nog wawyd wakker is, kan dit ’n tameletjie wees.

 

3. Laat jou kind aktiwiteite voorstel. Hulle weet watter speletjies hulle graag wil speel en dit sal dinge ’n bietjie minder stresvol vir jou maak.

 

4. Moenie die kinders te vroeg in die dag oornooi nie – dit kan te veel vir hulle (én vir jou!) wees. As hulle teen aandetetyd opdaag en teen middagete die volgende dag huis toe gaan, is dit ideaal.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 Wenke oor Sakgeld

Pas dié deskundige taktieke toe om te verseker dat jou kinders leer hoe om geld te spaar

Close