×
Skakel na Engels

4 stappe vir perfekte rooi lippe

Stap 1: Begin met ’n lipomlyner

Die doel van ’n lipomlyner is om die kleur binne te hou en te keer dat dit bloei. Moenie dit gebruik om lipe voller te laat lyk of as kontrasterende rand vir jou lipkleur nie.

Stap 2: Vir kleur wat lank aanbly…

“…wend ’n lagie deurskynende lippoeier tussen jou twee lae lipstiffie aan,” sê Diane Bessesen, grimeerkunstenaar by Gloss Artist Management in Kaapstad. Dit laat die grimering vaskleef deur oorbodige olie te absorbeer. “Nadat jy die eerste kleurlagie met ’n snesie geklad het, tik ’n lagie poeier op jou lippe voordat jy die tweede laag aanwend.”

Stap 3: Om kleur op jou tande te keer

Sit jou wysvinger in jou mond, tuit jou lippe rondom jou vinger en trek dit stadig uit.

Stap 4: Vir lippe wat voller vertoon

Wend ’n lagie lipglans in die middel van jou onderste lip aan.

Ons het drie rooie getoets

EKSTRA BEVOGTIGEND

L’Oréal Paris Infallible Le Rouge in Refined Ruby: Ryk en bevogtigend met ’n sterk kleur. Bly sowat drie uur lank aan.

MAKLIKE AANWENDING

Revlon ColorStay Ultimate Liquid Lipstick in Grand Garnet: Die stafie vergemaklik aanwending. Die kleur is sterk en hou lank, maar die tekstuur voel ’n bietjie droog. Jy kan ekstra lipglans bo-oor aanwend.

SEXY VIR UITGAAN-AANDE

Elizabeth Arden Ceramide Ultra Lipstick in Rouge: ’n Luukse, bevogtigende tekstuur – sê totsiens vir droë lippe met dié lipstiffie. Die kleur vloei effens, maar ’n lipomlyner het die probleem op gelos.

FOTO: iStock/MStudioImages

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Rooi lippe = Oscar-aand

Dis die naweek van die Academy Awards en ons weet ’n klomp van die glansryke aktrises gaan met rooi lippe...

Close