×
Skakel na Engels

4 skoonheidslesse van wyle prinses Diana

Sy was regtig Brittanje se roos
prinses diana

Die laaste paar weke het ons ’n klomp artikels en TV-dokumentêre oor prinses Diana gesien, want 2017 is 20 jaar sedert haar ontydige dood. Sy is nie net vir haar barmhartigheid en menslikeheid vereer nie, maar ook vir haar styl. Hier is vier skoonheidslesse wat die prinses van Wallis nagelaat het. 

1. Span kleur in

Baie vroue is versigtig om kleur in hul ooggrimering te gebruik en kies dus eerder veilige rokerige kleure. Dit was dalk die 80’s, maar prinses Diana was dol oor blou oogomlyner en het dit gereeld gedra totdat haar grimeerkunstenaar haar oortuig het dat swart beter by haar blou oë pas. Die tye het verander en blou oogomlyner is weer in die mode. Dit gee jou die perfekte verskoning om jou innerlike koninklike tot uiting te bring.

Lees ook: Ons onthou prinses Diana se begrafnis – 20 jaar later

2. Eksperimenteer met jou haarstyl

Sy was dalk die bekendste vir haar vol haarstyl, maar Diana het daarvan gehou om elke nou en dan nuwe dinge te probeer. Nadat sy vooraf ’n gladgestrykte haarstyl met ’n nat voorkoms probeer het, het sy met hierdie nuwe kapsel by ’n toekenningsplegtigheid in New York opgedaag. Dié voorkoms het amper so ikonies soos haar gewone haarstyl geword, wat net wys dat positiewe resultate daaruit kan spruit as jy iets nuuts probeer.

3. Verkry ’n sonbruin voorkoms op ’n veilige manier

Diana het altyd gelyk asof sy op ’n tropiese vakansie was. Volgens gerugte het sy ’n sonbed in die paleis gehad sodat sy heeljaar lank ’n sonbruin voorkoms kon hê. Ons weet hoe gevaarlik dit is, maar jy kan steeds ’n sonbruin voorkoms verkry deur selfverbruiningsprodukte te gebruik. Ons is seker Diana sou dit goedgekeur het!

Lees ook: 16 goed wat jy nie van prinses Diana geweet het nie

4. Kyk na jou vel

Dit is vanselfsprekend, maar dis belangrik om na jou vel om te sien. Diana se grimeerkunstenaar sê sy het die reinig-verfris-bevog-roetine gevolg en altyd haar grimering verwyder voordat sy gaan slaap het. Sy het met rosacea op haar wange gesukkel, wat beteken sy moes haar vel ekstragoed versorg deur seker te maak sy bevog haar vel gereeld met gehalteprodukte. Hoe beter jou vel is, hoe minder grimering hoef jy te dra.

Foto: Gallo Images/Getty Images

LEES OOK:

15 foto’s wat wys hoe prinses Diana was voordat sy ’n koninklike geword het

Vermy hierdie 9 selfdoen-gesigsbehandelings

Rosacea: Wat dit is en hoe om dit te behandel

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Ons onthou prinses Diana se begrafnis – 20 jaar later

Ons kyk terug op die emosionele optog, blommekranse en graaf Spencer se roerende elegie. Deur Olivia Blair

Close