×
Skakel na Engels

4 mites oor klapperolie ontbloot

’n Paar dinge oor klapperolie wat jy in ag moet neem
kokosneutolie

Klapperolie word al hoe gewilder danksy die groot verskeidenheid gebruike en voordele daarvan. Dit is nie net nuttig in die kombuis nie, maar ook goed vir jou vel en hare. Die vraag waarop ons almal egter die antwoord wil hê, is: Is dit regtig so fantasties? Ons het na vier algemene opvattings oor hierdie veelsydige olie gekyk.

  1. Dis die beste ding vir gesonde haargroei Hoewel dit oor die algemeen waar is, neem mense nie in ag dat verskillende haartipes verskillend daarop sal reageer nie. Klapperolie is die rykste natuurlike bron van mediumvetsuurkettings (MCFA’s), die goeie soorte vet met antibakteriële en antimikrobiese eienskappe wat die liggaam help voed. Dit is waarom klapperolie haarverlies kan help keer as jy fyn hare het. Die rede hoekom fyner hare beter resultate sal kry, is vanweë die natuurlike proteïen in ons hare. Klapperolie help bloot om daardie natuurlike proteïen te behou waarvan growwe of droë hare van nature baie het. 
  2. Hoe meer jy gebruik, hoe beter Die meeste mense is geneig om dit te oordoen. Dit is nie nodig om dit meer as drie tot vier keer per week in jou hare te gebruik nie. Die hoeveelheid wat jy op ’n keer gebruik, is baie belangrik wanneer dit by die verwagte resultate kom, en dis nie ’n goeie idee om meer as ½ tot 1 teelepel in jou hare te gebruik nie. ’n Klein hoeveelheid kan enige kroeserigheid help beheer en sal jou hare ’n natuurlike glans gee sonder enige van die negatiewe uitwerkings. Wanneer jy te veel daarvan gebruik, loop jy die risiko dat jou hare baie olierig kan lyk en belemmer jy die goeie dinge wat jou hare uit die olie kan kry.
  3. Jy kan jou vogroom deur klapperolie vervang Dis een van die min olies wat deur die vel geabsorbeer word, maar hoewel dit ’n goeie toevoeging tot jou bevogtingsroetine kan wees, moet jy dit liefs nie op sy eie as bevogtiger gebruik nie. Maak ook seker jy gebruik suiwer klapperolie en nie palmolie nie, want dit is nie omgewingsvriendelik nie. 
  4. Om klapperolie te eet kan jou help gewig verloor Klapperolie kan beslis die metabolisme verhoog, maar dit is nie direk verantwoordelik vir gewigsverlies nie. 

Lees ook: 

6 noodsaaklike gewoontes vir ’n gesonde vel

5 wenke vir blink, gesonde, sterk hare

Jy moet dít doen voordat jy jou hare was

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
20 ongelooflike goed wat jy met klapperolie kan doen

Dis die produk waarvan almal deesdae praat, maar klapperolie het vele ongewone gebruike waarvan jy dalk nie weet nie

Close