×
Skakel na Engels

4 maniere om te keer dat tegnologie jou vel beskadig

Laat tegnologie vir jou werk, nie teen jou nie
tegnologie

 

Baie mense sê hul selfoon voel “deel” van hulle – ons fone weet immers feitlik alles van ons af. Waar jy ook al gaan, sien jy mense wat vasgenael na hul skerms staar, hetsy dit is om besig te lyk terwyl jy in ’n tou wag, of om Candy Crush te speel terwyl jy openbare vervoer gebruik. Ons is bloot verslaaf daaraan om gedurig aanlyn en beskikbaar te wees.

 

Ongelukkig besef baie mense nie dat jou foon jou ouer kan laat lyk nie. HEV-lig (hoë-energie-sigbare lig) is iets wat deur van ons gunstelingtoestelle uitgestraal word, soos slimfone en skootrekenaarskerms, en dit hou met velpigmentasie verband. Dit beteken dat lang, chroniese blootstelling – soos om heeldag voor ’n rekenaar te sit en dan saans reekse op jou rekenaar te kyk of op Instagram te boer – jou risiko vir verkleuring en velvlekke verhoog. Daar word selfs geglo dat HEV-lig net so skadelik, indien nie skadeliker nie, as UVA-strale is omdat die blou lig onreëlmatige selfunksie en voortydige veroudering veroorsaak. Ai tog!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Lees ook: Hoe om van donker vlekke op jou vel ontslae te raak

Wat kan jy dus doen?

1. Hou jou grimering vir langer aan

Dermatoloë stel voor dat jy jou grimering aanhou totdat jy met al jou toestelle klaar is omdat dit ’n ekstra laag beskerming op die veloppervlak bied.

2. Hou jou foon weg van jou gesig af

As jy baie op jou foon praat, is dit ’n goeie idee om in oorfone en ’n luidspreker te belê sodat jy kan klets sonder dat jou foon direk aan jou gesig raak. 

Lees ook: 6 dinge wat ’n kenner van velteenveroudering nooit sal doen nie

3. Maak SBF jou beste vriend

Die belangrikste advies, en iets wat ons almal in elk geval behoort te doen, is om altyd ’n behoorlike hoëfaktor-sonskermmiddel te dra. Dit sal jou vel teen enige skadelike strale beskerm waarmee dit dalk in kontak mag kom.

4. Beperk jou blootstelling

Die beste ding is egter om jou skermtyd te beperk wanneer jy nie by die werk is nie. Want wanneer laas het jy gehoor dat ’n boek vir iemand ouderdomsvlekke gegee het?

 

Foto: iStock/YakobchukOlena 

LEES OOK:

Die voordele wat vitamien C-produkte vir jou vel inhou

Ons ontbloot agt algemene mites oor grimering en velsorg

Verniel jy jou vel in die stort?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoekom jy liefs nie jou foon oornag moet laai nie

Vir die meeste van ons is dit só deel van ons slaaptydritueel - foon inprop, alarm stel, ligte af -...

Close