×
Skakel na Engels

4 maniere om jou kind se angs oor die nuwe skooljaar te verlig

Help só jou kind om die nuwe skooljaar op ’n positiewe noot te begin
school anxiety

Kosblik? Splinternuut. Notaboek? Gekoop. Potlode? Skerp. Julle is slaggereed vir die nuwe skooljaar. Maar wat kan jy doen as jou kind bang is om terug te gaan skool toe? Hierdie 4 stappe sal jou help om die angs te verlig wat soms met die begin van ’n nuwe skooljaar geassosieer word.

 

A post shared by Estella (@studytosuccess) on

 

1. Begin by die basiese

In ’n artikel wat deur newswise.com gepubliseer is, sê dr. Stephanie Marcy, ’n pediatriese sielkundige aan die Children’s Hospital Los Angeles dat dit eerstens belangrik is dat jou kind ’n goeie nagrus inkry. Vestig hierdie roetine ’n paar dae voordat die skool begin om kinders aan vroeë aande en vroeë oggende gewoond te maak. ’n Gesonde roetine verminder die stres wat deur onsekerheid veroorsaak word en sal jou kind veilig laat voel.

2. Luister

Waaroor is jou kind bekommerd? Wat is sy vrese en verwagtings? Doen jou bes om hom gerus te stel en herinner hom daaraan dat hy slim en bekwaam is. Gaan aan die begin van die skooljaar saam met hom deur sy skedule, want dit gee hom ook die geleentheid om vrae te vra en sy bekommernisse te deel. Hy sal minder angstig voel as hy ’n duideliker idee het oor wat voorlê. En onthou, om ongelukkig te wees is soms net ’n natuurlike reaksie. Dit beteken immers die einde van ’n vakansie!

3. Wees voorbereid

Een manier om angs te beheer is om voorbereid te wees. Help jou kind om sy skoolklere die vorige aand uit te sit, om sy dagprogram na te gaan en seker te maak dat hy alles het wat hy gaan nodig kry. Wanneer alles ingepak en gereed is, kan hy sy tas in die kombuis of by die agterdeur neersit – iewers waar hy dit die volgende oggend net kan gryp. Hou dit altyd op dieselfde plek.

4. Wees positief

As ouer is dit jou verantwoordelikheid om ’n rolmodel van positiewe gedrag te wees, sê Marcy. Jou kinders sal jou leiding volg. Positiewe insette oor skoolaktiwiteite, klasmaats en onderwysers sal help om ’n positiewe gesindheid by jou kinders te vestig.

 

Foto: iStock/DGLimages

LEES OOK:

10 terug-skool-toe-wenke vir jou kinders

Hoe om stinkerige skoolsakke skoon te maak

Kry jou kinders opgewonde oor skool

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 vrolike en funky skoolbenodighede

Maak dit lekker om terug te gaan!

Close