×
Skakel na Engels

4 maniere om Internasionale Koffiedag te vier

Hoewel 1 Oktober nie ’n amptelike vakansiedag is nie, is daar geen rede hoekom jy nie voordeel kan trek uit ’n hele dag wat aan een van die wêreld se gewildste drankies gewy word nie.

1. MAAK ’N KOFFIE-AFSPRAAK

Dis die ideale verskoning om saam met vriende te kuier. Bel ’n paar medekafeïenliefhebbers en besoek jul plaaslike koffiewinkel. Wil jy die wêreld help verander terwyl jy ’n koffieblaaskans geniet? Besoek ’n koffiehuis of restaurant wat Fairtrade-koffies bedien.

2. KOOP FAIRTRADE-KOFFIE

Hoekom vier jy nie Internasionale Koffiedag met ’n beker Fairtrade-koffie nie? As jy nog nie vantevore Fairtrade-koffie gekoop (of gedrink) het nie, gebruik hierdie dag as jou rede om ’n klein verbetering in die etiese en omgewingsvoetspoor van die internasionale koffiebedryf te maak. 

3. WOON ’N KOFFIEPROEGELEENTHEID BY

Word ’n koffie-connoisseur deur van die oorsprong en geskiedenis van “swart goud” te leer, asook van die verskillende mengsels – hoe dit gemaak word, waarvandaan dit kom en hoe om dit te geniet. Woon ’n Coffee Cupping-aand by of besoek ’n plek waar hulle koffie rooster vir ’n koffieproe of nooi ’n barista-vriend (gelukkige jy!) oor vir jou eie, persoonlike proegeleentheid.

4. EET JOU KOFFIE

As jy nie jou dag sonder ’n koppie varsgemaakte koffie kan begin nie, is die kans goed dat jy ons vyf beste koffiegeur-nageregte sal geniet (dink mokkaroom-potjies, koffie-en-okkerneutkoek, koffieroomys en koffiegegeurde crème brûlée). Onthou, gehalteprodukte beteken gehaltesmaak. Kies dus Fairtrade-koffie (en -sjokolade) vir dekadente nageregte met ’n egte, intensie koffiegeur.

WAT IS FAIRTRADE? 

Fairtrade is ’n etiese sertifiseringstelsel wat gelykheid en volhoubaarheid in die boerderybedryf bevorder, veral in die velde van wyn-, tee-, koffie-, katoen- en sjokoladevervaardiging. Dit bevorder werkers op voetsoolvlak en verseker dat hulle nie in die belang van groot ondernemings onderdruk word nie deur plaaseienaars aan te moedig om die werk- en leeftoestande van hul plaasgemeenskappe te verbeter. Deur opvoeding en positiewe versterking bevorder Fairtrade ook boerderypraktyke wat nie mense of die omgewing benadeel nie. Besoek www.fairtrade.org.za vir nog inligting.

LEES OOK:

Wat jou koffiebeker van jou sê

Wat jou koffie van jou sê

In watter beroepe drink mense die meeste koffie?

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
15 verrassende huishoudelike gebruike vir Coke

Wie het geweet een van die wêreld se gewildste drankies kan so ’n praktiese huishoudelike hulpmiddel wees?!

Close