×
Skakel na Engels

4 lipkleure wat by enige veltoon sal pas

’n Móét vir jou grimeersakkie!
lipkleure

Wanneer dit by lipkleur kom, hou sommige vroue daarvan om dit eenvoudig en neutraal te hou vir die kantoor terwyl ander (veral oor die naweek) graag ’n stelling met ’n sterk, helder kleur wil maak. En wanneer dit by sommige skakerings kom, is daar regtig ’n een-vir-almal-oplossing!

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Husihouding op Pinterest vir nog.

Met hierdie vier skakerings in jou grimeersakkie hoef geen geleentheid, dag of aand, jou onkant te vang nie. As jy ’n koel kleur nodig het om ’n besige uitrusting af te rond, is ’n neutrale skakering ideaal. As jy jou voorkoms ekstra oemf wil gee, is ’n helderrooi of pienk ’n blink idee.

Lees: Hierdie albino-vrou se kommentaar oor Rihanna se Fenty Beauty-grimeerreeks het soos ’n veldbrand versprei

Ongeag wat jou voorkeur is – hierdie 4 lipskakerings kan vir die hele spektrum velkleure gebruik word. Dis tyd om hulle op die proef te stel:

1. Helder heldin

Maybelline Color Sensational Loaded Bold Lipstic (R135) in Orange Danger

Oranje is een van die vleiendste lipstiffiekleure. Dit pas by alle veltone en skep volmaakte, helder lippe. 

2. Lieflik neutraal

Rimmel Last Finish deur Kate Lipstick (R109) in 045 

Met sy perfekte balans tussen appelkoos en roomkleur is dié lipstiffie die veelsydigste skakering in jou grimeersakkie.

Lees ook:  8 van die beste vloeibare lipstiffies om dié somer te probeer

3. Volmaakte rooi

Estée Lauder Pure Color Envy Hi-Lustre Light Sculpting Lipstick (R440) in Drop Dead Red

Die neutrale rooi van hierdie lipstiffie maak hom die ideale keuse vir enige velkleur.

4. Pragtig met pienk

Clarins Joli Rouge Brilliant Lipstick (R250) in 23

Hierdie sagte, subtiele pienk lipstiffie beklemtoon jou natuurlike lipkleur.

FOTO: iStock/olgysha2008

LEES OOK:

Watter kleur lipstiffie pas jou? Voltooi gou hierdie vraelys

Die gewildste naelmodes vir die somer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 oogskaduwenke van grimeerkunstenaars

Wend oogskadu só eksie-perfeksie aan

Close