×
Skakel na Engels

4 G-Free-suiwelprodukte vir die hele gesin om te geniet

Hou jou gesin gesond met hierdie wonderlike G-Free-produkte
first-choice-webvertorial

Met so baie produkte om van te kies kan dit vir ma’s nogal ingewikkeld wees om te weet wat om ter wille van hul gesin se gesondheid en welstand te koop. Maar danksy First Choice se G-Free-produkte is dit nie meer ’n probleem nie.

Wat beteken G-Free?

G-Free is ’n ander manier om kiemvry te sê. First Choice-melk is kommersieel steriel en bevat geen patogene, bakterieë en mikroörganismes wat gedurende berging kan floreer nie. Dit is dus “veilige melk” vir die hele gesin – selfs peuters.

First choice webvertorial

Hoekom is G-Free-produkte beter?

Veiligheid, gehalte en waarde vir geld is die hoofprioriteite van G-Free-melk. G-Free-produkte bevat geen koliforme, E. Coli, bakterieë, antibiotika of skadelike stowwe nie. Omdat dit geregistreer is, kan slegs First Choice amptelik die G-Free-aanspraak in die markplek maak.

Dit is ’n unieke veiligheidsplatform en differensiasiepunt danksy die tegnologies gevorderde aard van die Woodlands-suiwelproduksie-aanleg, wat beteken die melk behou die ongerepte wit kleur en kenmerkende romerige smaak.

Hier is drie fantastiese G-Free-produkte wat die hele gesin kan geniet:

1. Langlewemelk

First choice webvertorial

Die meeste van ons gebruik elke dag melk, hetsy vir daardie eerste koppie koffie soggens of saam met graankos voor skool of werk.

First Choice-melkprodukte is in volroom-, laevet- en afgeroomde-melkvariante beskikbaar. Al die produkte kom in ’n 1-liter- en ’n 1,5-literpak met ’n skroefdoppie om dit maklik oop te maak. First Choice-volroommelk is ook in ’n 500 ml-skeurtoppak, ’n 250 ml-houertjie met ’n aangehegte strooitjie en ’n 200 ml-houertjie beskikbaar. Al die produkte word in ’n karton verkoop vir gerief as jy dit in groot maat koop.

2. Gegeurde MILKI-melk

First choice webvertorial

Jy is nooit te oud vir gegeurde melk nie! Die verfrissende MILKI kom in 250 ml- en 200 ml-enkelhouertjies en sespakke. Die 250 ml-reeks kom in sjokolade-, aarbei-, “cream soda”-, toffie-, koffie-, vanielje-, koekies-en-room-, sjokolademout-, en sjokmentgeur. Die 200 ml-houertjies is in sjokolade- en aarbeigeur beskikbaar.

3. Velvet Dairy Dessert

First choice webvertorial

Wie kan iets soets weerstaan? First Choice Velvet Dairy Dessert bevat geen tartrasien, kleurmiddels of MNG nie. Hierdie smaaklike produkte kom in ’n 1-literpak en is in sjokolade-, vanielje-, botterkaramel- en aarbeigeur beskikbaar.

Besoek www.firstchoice.co.za vir nog inligting oor First Choice-suiwelprodukte of volg @FirstChoiceSA op Facebook en Twitter. Om wonderlike geskenke te koop, kliek HIER om First Choice se aanlyn winkel te besoek.

Foto’s: Met vergunning van First Choice

HOOFFOTO: iStock/vadimguzhva

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hierdie vla-brûlée-resep sal ’n koue wintersdag opvrolik!

Bevredig ’n suikertand met hierdie heerlike nagereg

Close