×
Skakel na Engels

4 dinge wat konflik jou kan leer

Pleks van konflik te sien as iets wat jy moet beheer of vermy, kan jy dit as ’n geleentheid gebruik om te leer en te groei, sê dr. Margaret Paul, ’n skrywer en verhoudingskenner

 

 

Só kan jy konflik gebruik om meer oor jouself en die ander party te leer:

1. Besluit dat dit belangriker is om te leer as om te wen of reg te wees.

Die besluit om oor jouself en die ander persoon te leer verander jou energie van vyandig na goedhartig. As die ander persoon ook wil leer, sal julle mekaar se leer- en groeiprosesse ondersteun.

 

2. Besluit dat jy ’n oplossing wil vind wat julle albei bevoordeel.

Baie mense is bang dat hulle hulself te na sal moet kom om die konflik te beëindig. As julle albei daarop ingestel is om ’n wen-wen-oplossing te vind sal julle al twee ná die tyd goed voel.

 

3. Besluit dat daar ’n goeie rede vir julle albei se gevoelens en optrede is.

Jy kan net leer as jy nie jouself of die ander persoon veroordeel nie en as jy aanvaar dat julle albei rede het om die situasie op ’n bepaalde manier te beskou. Jy sal dié redes net kan raaksien as jy toeganklik en onbevooroordeeld is.

 

4. Besluit om eerder bereid te wees om seer te kry as om jou gesag af te dwing.

As die ander persoon nie wil toegee nie, stel jouself eerder oop vir gevoelens soos eensaamheid en hulpeloosheid pleks van jouself teen dié gevoelens te probeer beskerm deur kwaad te wees, jouself te verset of jou liefde teenoor die persoon te onttrek.

 

Is jy gereed om te leer pleks van te baklei? Wanneer jy is, sal jy konflik verwelkom eerder as vermy.

 

Vir nog maniere hoe om deur middel van konflik te leer   

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief