×
Skakel na Engels

4 belangrike resultate van ’n Banting-studie

Die eerste groot studie wat LKHV- en HKLV-diëte vergelyk, is pas voltooi. Hier is 4 van die belangrikste punte van die studie wat jy moet weet

Banting-studie

Die nasionale gesondheidsinstitute in die VSA het ’n jaar lange ondersoek oor laekoolhidraat- teenoor laevet-eetgewoontes gefinansier. Daarin het 150 mans en vroue van verskillende rasse óf ’n laevet- óf ’n laekoolhidraatdieet gevolg. Nie een van die groepe het hul kilojoule-inname beperk of hul aktiwiteitsvlakke verander nie. Die resultate was verrassend:

1. Die laekoolhidraatgroep het gemiddeld sowat 3,6 kg meer verloor as dié in die laevetgroep, en het verbeteringe in hul soepelspiermassa getoon. Hoewel die laevetgroep gewig verloor het, het hulle skynbaar meer spiermassa as vet verloor.

2. Die laekoolhidraatgroep se merkers vir inflammasie en trigliseriede (’n soort vet wat in die bloed sirkuleer) het beduidend gedaal. Hul HDL (goeie cholesterol) het skerper gestyg as dié van die mense in die laevetgroep.

3. Die bloeddruk, totale cholesterol en LDL (slegte cholesterol) van die mense in albei groepe het min of meer dieselfde gebly.

4. Die laekoolhidraatgroep se Framingham-risikotellings, wat die waarskynlikheid van ’n hartaanval binne die volgende tien jaar bereken, het verlaag. Die laevetgroep het gemiddeld geen verbetering in hul telling getoon nie.

FOTO: iStock/g-stockstudio

LEES OOK:

Raak besig in die kombuis met hierdie Banting-boeke

3 heerlike Banting-nageregte

Die vyf algemeenste foute wat mense met Banting maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere om minder sout te eet – en jou hart gesond te hou

Verminder jou risiko vir ’n hartaanval of beroerte met dié maklike stappe

Close