×
Skakel na Engels

3 wenke vir uitsoekerige eters

Is jou kind vol fiemies oor kos? Probeer hierdie slim taktieke:

1. Moet hulle nie dwing nie

 

Kinders is geneig om die teenoorgestelde te doen van wat ons vra. As jy dus ’n groot bohaai maak oor hoe goed groente vir hulle is, is die kans goed dat hulle dit nie sal eet nie. Sit bloot jou kinders se bord kos voor hulle neer en eet jou eie. Dan is daar minder druk op hulle en as hulle regtig honger is, sal hulle eet sonder om te kla.

 

2. Gee hulle keuses …

 

Pleks van hulle voor te sê presies wat om te eet, gee jou kinders ’n bietjie beheer oor wat op hul bord is. Gee hulle twee of drie opsies, byvoorbeeld: “Wil jy ertjies, groenboontjies of murgpampoentjies hê?”

 

… of ’n doopsous

 

Daar is iets omtrent doopsouse wat kos vir kinders aanlokliker maak. Maar moenie dat hulle alles in tamatiesous verdrink nie. Probeer gesonder keuses soos hoemoes en sit dit saam met kouevleise en vars groente voor.

 

3. Laat hulle help  

 

Moedig hulle aan om nuwe kos te probeer deur hulle toe te laat om maaltye te help berei. Hulle sal te trots wees om die kos nie te eet nie!

 

Kliek hier  vir meer wenke.

 

V: Het jou kind enige vreemde eetgewoontes?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kinders se kwinkslae – uit die mond van die suigelinge

Dis die eerste skooldag van die nuwe jaar, vir sommige kinders hul heel eerste skooldag. Hier is ’n video oor...

Close