×
Skakel na Engels

3 superkosse wat jy behoort te eet

Maak seker hierdie items is op jou inkopie lysie …

 

 

1. HEILSAME AVOKADO’S

As jy nog altyd avokado’s vemy het om dat jy dink dit maak vet, is hierdie goeie, bevrydende nuus. Luister ’n bietjie hierna: Die helfte van ’n gewone avokado bevat sowat 670 kJ; dis 84 kJ minder as ’n handvol grondboontjies, sê die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging. Nog redes om aan avokado’s weg te lê is:

• Dit bevat geen choloesterol nie, net heilsame, hartgesonde mono-onversadigde vet.

•Die vrug bevat meer dieetvesel as enige ander vrug.

• Avokado’s bevat groot hoeveelhede foliensuur, wat dit ’n moet-eet vir swanger vroue maak. (Foliensuur is belangrik vir die fetus se ontwikkeling.)

En die Hartstigting van Suid-Afrika was so beïndruk met hierdie klein vruggie dat dit tot “ridder” geslaan is met die stigting se hartteken – ’n onderskeiding wat net aan kos toegeken word wat bewys het dit speel ’n rol in die bekamping en vermindering van hartsiekte.

 

2. VOEDSAME BONE

Die regte dieet sal jou nie help om jou gewig konstant te hou en energie te hê nie, maar help ook om ernstige siektes soos diabetes te beveg. “Eet bone,” is Maryke van Zyl, ’n Woolworths-dieetkundige, se raad. Sousboontjies, sojabone, kekerertjies, nierboontjies en lensies bevat alles ’n wye verskeidenheid mikrovoedingstowwe, asook min vet, dit het ’n lae glisemiese indeks (GI) en vevat baie vesel. “Dit alles beïnvloed jou bloedglukosevlakke en kan jou bloedlipiedevlakke (vetstof) help beheer,” sê Van Zyl.

’N VINNIGE FEIT: Die gratis kwartaallikse tydskrif vir diabete, Sweet Life (sweetlifemag.co.za), het in 2011 berig hoewel een uit vyf mense oor die ouderdom van 35 tipe-2-diabetes het, is 50% van hulle nie daarvan bewus nie

 

3. IN ’N NEUTEDOP

Neute bevat hartgesonde vette, vesel en proteïen, asook belangrike vitamiene soos vitamien E en minerale soos magnesium. Maar omdat dit ook baie kilojoules bevat, hou by ’n 30 g-porsie per dag – sowat 20 amandels, pekanneuthelftes of kasjoeneute, 14 okkerneute of 35 grondboontjies.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dieetwenke vir besige vroue

Hierdie 24-uur-strategieë sal jou help om daardie kilogramme vinnig te laat wegsmelt, ongeag hoe besig jou lewenstyl is

Close