×
Skakel na Engels

3 stappe om jou waskamer reg te ruk

Organiseer jou was-en-droogruimte vinniger as wat jy ’n bondel wasgoed kan was

 

1. Kleiner is beter

Gooi wasmiddels uit groot kanne en bokse oor in kleiner, deursigtige houers sodat jy kan sien wanneer dit opraak. Bêre die groter houers elders.

 

2. Nié in die knyp

Hou jou los goed bymekaar. Monteer ’n kapstok teen die muur en knyp briefies en strokies wat uit broeksakke kom, afgeknipte klere-etikette met wasinstruksies én daardie sokkie sonder maat daaraan vas.

 

3. Vele hande

Merk mandjies as “lig”, “wit” en “donker” sodat jou gesinslede hul wasgoed vooraf kan sorteer.

 

Foto: iStock/fstop123

 

Lees ook:

Drie huisverbeteringe in 15 minute

Sit 6 huishoudelike jakkalsies binne 5 minute op hul plek

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Advertensie-promosie: Was met sorg

LG se nuwe Sapience-wasmasjien bied die beste vir higiëne en gesondheid

Close