×
Skakel na Engels

3 stappe om jou kantoor te organiseer

Dié 3 wenke van ’n kenner sal jou tuiskantoor doeltreffender maak

kantoor

1. Belastingpraatjies

Om op die hoogte van jou belasting- en werksake te wees, gebruik 12 A4-lêers. Daar moet een lêer vir elke maand wees. Plak etikette daarop wat dit duidelik só merk. Bêre dan al jou fakture en strokies in die betrokke maand se lêer. Nadat jy betalings gedoen het, liasseer betalingsbewyse onmiddellik. – Germaine Ross, eienaar van Organized Living (www.organizedliving.co.za)

2. Raak ontslae van jou papierspoor

Vermy hopies-hopies papier deur al jou belangrike foonnommers en alles wat jy moet doen of onthou in een notaboek neer te skryf. As jy ’n takie afgehandel het, trek dit dan dood. Wanneer die notaboek vol raak, plak ’n etiket op wat aandui vir watter maand(e) jy dit gebruik het en bêre dit. – Isabelle de Grandpre, eienaar van (www.neatfreakshop.co.za)

3. Sit dit in lêers, nie hopies nie

Gebruik kleure en etikette om jou te help fokus. Staan die laaste 20 minute van jou werkweek daaraan af om dokumentasie en papiere in die regte lêers te bêre. Dit sal voorkom dat jou lessenaar – en jy – onder stapeltjies papier verdwyn. – Katja Turner van Get Organised (www.getorganised.co.za)

FOTO: iStock/TommL

LEES OOK:

Moet jy kantoordrag aantrek as jy van die huis af werk?

Eenvoudige maniere om jou papierwerk te orden

Kantoor-etiket: moets en moenies

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 wenke om jou kinders beter te help studeer

Dis die begin van ’n nuwe skoolkwartaal en die perfekte tyd om jou kinders te help om op hul beste...

Close