×
Skakel na Engels

3 slim wenke om van krapmerke op ’n sonbril ontslae te raak

Red jou sonbril!
sonbril

Jy kan wegkom met ’n bietjie skade op sekere van jou mode-items. ’n Skeur in ’n denimbroek kan as ’n modestelling gesien word. Skaafmerke op wit tekkies kan dit selfs cooler laat lyk. ’n Sonbril val egter nié in hierdie kategorie nie. Lense met krapmerke lyk slordig, en belangriker, dit kan jou sig beïnvloed. Die volgende wenke en truuks kan jou sonbril red:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Probeer tandepasta

Die meeste kenners stem saam dat dié truuk die beste resultate oplewer. Dis belangrik om te weet dat nie sommer enige ou buisie voldoende sal wees nie – die tandepasta mag nie ’n jel wees nie, en moenie skurend wees nie. Wend ’n bietjie pasta aan ’n stukkie watte en vryf dit vir ’n paar sekondes in ’n sirkelbeweging in die krapmerk in en spoel dan af met koue water. Vee enige oorblywende vogtigheid met ’n sagte lappie droog. Herhaal totdat die krapwerk verdwyn het.

2. Gebruik ’n vuller

Dié truuk werk, maar moet gereeld herhaal word. ’n Vuller soos geelkoper- of silwerpolitoer, of motorpolitoer, kan op die krapmerk aangewend word om dit glad te maak. Gebruik dieselfde metode as met die tandepasta. Jy kan ook meubelsproei gebruik. 

3. Maak ’n koeksoda-pasta

Volg dié resep: Meng een deel water en twee dele koeksoda in ’n mengbak sodat dit ’n dik pasta vorm. Vryf die pasta met ’n stukkie watte in ’n sirkelbeweging vir 10 sekondes op die krapmerk in. Spoel af met koel water en vryf enige oorblyfsels af met ’n linnevrye lappie.

Wat jou sonbril betref, is voorsorg egter altyd beter as nasorg. Belê in ’n sterk sonbrilhouer van hoë gehalte om jou sonbril veilig en merkvry te hou.

FOTO: iStock/izusek

LEES OOK:

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

Hoekom verskil mans en vroue se hempsknope?

Lyk stylvol op ’n klein begroting

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
25 oulike geskenke vir R150 en minder wat jy vir vriendinne kan koop

Ons maak dit maklik om die perfekte geskenk te kies

Close