×

3 slim maniere om jou huis dié lente op te vrolik

Vier die lente deur jou huis op te kikker

Ongeag jou blinding- of hortjiebehoeftes, die interieurontwerpkenner Taylor Blinds & Shutters het die oplossing vir jou! Blaas nuwe lewe in jou huis met dié drie wenke:

1. Laat Moeder Natuur jou inspireer

Laat die natuur jou help om die gevoel van vryheid, kalmte en balans in jou huis te herskep. Gee jou blyplek ’n vars voorkoms met inspirasie van die kalmerende turkoois en groen lentekleure wat aan die Mediterreen herinner.

taylor blinds 2

2. Skep ’n temabord

Maak ’n bord met kleure en teksture van die gevoel wat jy wil skep. ’n Koel palet is die ideale manier om ’n tuinvars gevoel en voorkoms in jou persoonlike ruimte te skep.

taylor blinds

3. Benut die buitelug

Ná die koue winter is die lente en lieflike sonskynweer eindelik hier! Dis nou die tyd om op jou stoep te sit en ’n bietjie vitamien D van die son in te kry. Vervang swaar, afgeremde gordyne met sjiek en netjiese hortjies of kontemporêre Sheerweave-blindings om die vertrek met natuurlike lig en die vloei van vars lug op te kikker.

Meng en pas kleure, patrone en teksture deur dekoritems in te span wat jy maklik en met min geld na gelang van die seisoen kan verander. Skep ’n tropiese gevoel met ekstra plante by jou buitekuierplek. Gebruik Taylor Blinds-hortjies vir ’n lekker oop vloei tussen jou binnne- en buiteleefruimte en behou dié tropiese atmosfeer regdeur jou huis.         

taylor blinds

Taylor Blinds se kontemporêre hortjies kom in drie hoofstyle – Shutterguard® Aluminium Security Shutters, Hurricane Aluminium Shutters en Thermowood® Shutters. Shutterguard® Aluminium Security Shutters bied sekuriteit vir jou vensters en deure sonder om afbreuk aan die styl van jou huis te doen. Hurricane Aluminium Shutters is die perfekte manier om jou binne- en buiteruimtes bymekaar te laat inskakel. Thermowood® Shutters is prakties en elegant, en word van ’n spesiale houtplaasvervanger gemaak wat deeglik onder erg vogtige, warm en droë toestande getoets is om die duursaamheid daarvan te verseker. Dit is dus ideaal vir kombuise, badkamers en die buitelug.

Vir nog inligting besoek www.taylorblinds.co.za. Volg @TaylorShutters op Facebook, Instagram en Twitter.  

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wen ’n beperkte-oplaag-Trollbeads-geskenkpak ter waarde van R2 998!

Twee gelukkige lesers kans elkeen ’n beperkte-oplaag-Feel Good-armband van Trollbeads wen met vergunning van Goeie Huishouding en Trollbeads Trollbeads is...

Close