×
Skakel na Engels

3 minute saam met die kosblogger Sarah Graham

In ons April-uitgawe deel Sarah haar gunsteling-noenontbyt-resep, ’n gebakte ontbyt-frittata, met ons. Hier vertel hoekom sy mal is oor haar voedselverwerker, en meer.

 

 

1) Noem drie dinge wat ’n noenontbyt by die huis spesiaal maak.

Behalwe vir natuurlik die mense, is ek mal oor vonkelwyn, ’n bak vol gemengde bessies met repies suurlemoenskil en dubbeldik Griekse jogurt en dan ’n soutgereg soos chorizo-frittata.

 

2) Het jy enige Paastradisies?

’n Heerlike, sagte lamsboud, wat ek graag saam met ’n ertjie-en-ment-risotto voorsit.

 

3) Watter vyf bestanddele is altyd in jou kombuis?

Kaas, eiers, hope vars kruie, knoffel en room.

 

4) Noem die kombuisgereedskap of -toestel waarsonder jy nie kan klaarkom nie.

My voedselverwerker – ek gebruik dit vir alles van skonmengsels tot pesto.

 

5) Watter kosbloggers volg jy?

So baie, maar drie plaaslike gunstelinge is Alida Ryder se Simply Delicious, Jane-Anne Hobbs se Scrumptious en Sam Linsell se Drizzle and Dip.

Vir Sarah se blog, gaan na afoodieliveshere.co.za.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 minute met die kosblogger Ishay Govender-Ypma

In ons April-uitgawe deel Ishay haar geliefkoosde noenontbytresep, spek-eier-en-kruie-ontbytbakkies. Hier vertel sy ons waarom eetstokkies haar gunsteling-kombuisgereedskap is, en meer:

Close