×
Skakel na Engels

3 maniere om opgeblasenheid te verminder

Probeer gerus hierdie eenvoudige, natuurlike kure vir prikkelbaredermsindroom

 

PDS-lyers (prikkelbaredermsindroom) het nie nét las van onvoorspelbare krampe en die behoefte om ’n toilet te gebruik wanneer hulle ’n maaltyd geniet nie. Tot 79% sukkel ook met pynlike sooibrand – maagsure wat in die slukderm en in die keel terugstoot.

 

Kundiges vermoed toenemend dat dié dubbele terugslag nie nét slegte geluk is nie, maar eerder een groot geïntegreerde versteuring van die spysverteringskanaal.

 

 

Verminder opgeblasenheid só:

 

1. Probeer ’n teensuurmiddel

Proton-inhibeerpompe speel klaar met maagsure en verminder sooibrand. Dit kan ook PDS-simptome verminder: in een Griekse studie het 41% van die PDS-pasiënte aansienlike verligting ervaar ná die gebruik van ’n teensuurmiddel.

 

2. Stadig met die koffie en mengeldrankies

Beide kan die voering van die spysverteringskanaal irriteer en tot sooibrand en PDS-simptome lei. As die terugsny van jou boeretroos en verminderde alkoholinname nie help nie, moet jy dit uitskakel.

 

3. Eet op die regte tyd

Let op wat jy eet; as jy met die terugvloei van suur sukkel, is wanneer jy eet net so belangrik. Eet aandete minstens twee ure voor slaaptyd sodat daar genoeg tyd is vir die kos om deur die slukderm na die maag te beweeg; op dié manier sal sure nie terugspoel nie.

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
20 maniere om gesonder en gelukkiger te leef

Hier's ’n plan vir elke dag om jou goedvoelbarometer dié maand die hoogte te laat inskiet. Wie weet, dalk leer...

Close