×
Skakel na Engels

3 maniere om nóg meer water by die huis te bespaar

Bekostigbare wenke vir waterbesparing
water

In die lig van Kaapstad se krisis en die implementering van vlak 6B-waterbeperkings is waterbesparing belangriker as ooit. Hier is drie bekostigbare maniere om dié kosbare hulpbron te bespaar. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Stort nóg korter

Waarom kyk jy nie of jy onder 90 sekondes kan stort nie? Koop ’n sproeibottel en vul dit met water en een lepel lyfseep. Spuit die seperige mengsel aan jou droë lyf. Was en spoel jouself vinnig af. Dit kan jou storttyd maklik halveer! 

Sproeibottels kan by Mambo’s The Plastics Warehouse gekoop word.

2. Bespaar jou koue water in die stort

Voordat #DagZero aanbreek en terwyl ons steeds kán stort, kan ons ’n bietjie ekstra water bespaar terwyl ons vir ons warm water wag. Kry ’n groot tregter, ’n PVC-pyp en ’n 5 liter-houer. Plaas die een punt van PVC-pyp in die houer en heg die tregter aan ander punt. Terwyl jy vir jou warm water wag, kan jy die tregter onder jou stortkop hou. Die skoon water wat jy bespaar, kan later soos nodig in en om die huis gebruik word.

Tregters kan by Mambo’s The Plastics Warehouse gekoop word.

3. Verminder die kapasiteit van jou toiletspoelbak

Dry Planet Save-A-Flush is ontwerp om water te absorbeer en sodoende die kapasiteit van jou toiletspoelbak te verminder. Hierdie waterbesparende produk is bestaan uit ’n eenvoudige koevert vol absorberende polimere. Wanneer die koevert onder in die spoelbak geplaas word, sal dit die kapasiteit van jou spoelbak verminder deur van die water te absorbeer. Met dié wonderlike produk kan jy tot 7 000 liter per jaar bespaar. Ons beveel aan dat jy dit elke 3,5 jaar vervang.

Kyk hierdie video om te sien hoe hierdie gebruikersvriendelike produk werk:

Dry Planet Save-A-Flush kan by www.faithful-to-nature.co.za gekoop word en kos R160.

FOTO: iStock/caristo

LEES OOK:

10 goed wat jy moet weet oor die hergebruik van gryswater

6 maniere om in die kombuis water te bespaar

5 waterbesparende produkte onder R150

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dag Zero: Weet só of water nog veilig is om te drink

Die WWF SA beantwoord van die algemeenste vrae oor drinkwater terwyl Kaapstad die dae tot Dag Zero aftel

Close