×
Skakel na Engels

3 maniere om ’n kriewelrige kind te kalmeer

Daar is baie hulpmiddels wat kinders kan gebruik om hul fokus by die skool én die huis te verbeter
kriewelrige kind

 

1. Vroetelgoed

Sommige kinders konsentreer beter wanneer hulle vroetel, en iets soos klei of ’n stresbal behoort die ding te doen. Een studie in die VSA het getoon dat gr. 6-leerders wat stresballe gebruik het, se skryfpunte verbeter het. By leerders met aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom (AGHS) is daar ’n nóg groter verbetering gesien.

2. Buitenshuise tyd

As jy ’n kind met AGHS het, is dit ’n goeie idee om hom buite te laat speel voordat hy moet kom huiswerk doen. Navorsing toon dat kinders met AGHS beter konsentreer nadat hulle aan buitenshuise aktiwiteite in ’n groen omgewing deelgeneem het – en een studie het getoon dat kinders wat tyd in die natuur of ’n park deurgebring het, hoër toetspunte behaal as dié wat deur ’n stedelike of voorstedelike area met minder plantegroei en meer geboude strukture geloop het.

3. Kougom

Ja, sowaar! Toe sielkundiges aan die St. Lawrence University in New York studente gevra het om ’n reeks kognitiewe take uit te voer, soos om logiese raaisels te ontsyfer en getalle agterstevoor op te sê, het diegene wat vooraf vir vyf minute kougom gekou het, beter gevaar as dié wat nie het nie.

FOTO: iStock/Lisa5201

 

LEES OOK:

SA skooldogter se rooibostoets help diabetiese honde

Lees dít voordat jy vir jou kind hierdie “speelding” koop

“Dankie vir die medikasie” Dogter met AGHS se boodskap aan haar ma

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 maniere om jou kind se angs oor die nuwe skooljaar te verlig

Help só jou kind om die nuwe skooljaar op ’n positiewe noot te begin

Close