×
Skakel na Engels

3 maniere om jou huis oor ’n naweek op te kikker

GH se leefstylkenner, Vicki Sleet, deel wenke om jou huis mooi te maak

1. Skep meer ruimte met die regte koffietafel

Die standaardhoogte van ’n koffietafel is tussen 34 cm en 40 cm. Jou koffietafel moenie meer as 4 cm laer as die sitplek van jou bank wees nie. Klein vertrek? Groepeer ’n paar kleiner tafeltjies saam. Kyk uit na iets wat saam met jou ander meubels sal werk.

’n L-vormige bank het byvoorbeeld ’n bonkige koffietafel nodig. As ruimte ’n probleem is, kies ’n tafel met pakplek onderin. Maak seker daar is genoeg plek bo-op vir ’n skinkbord vir snuisterye en noodsaaklikhede soos afstandbeheerders.

Lees: Wat is jou dekor-persoonlikheid?

2. Helder ’n vertrek met strooikussings op

VRA VICKI:  “Hoeveel strooikussings op ’n bed is genoeg, en hoeveel is te veel?”

As my man sy sin kon kry, sou ons nie ’n enkele strooikussing in ons huis gehad het nie! Maar as jy jou kamer ’n vyfsterhotelgevoel wil gee, is strooikussings net die ding. Persoonlik dink ek te veel kussings kan tot huweliksprobleme lei; ek sou dit dus tot twee treffende strooikussings (60 cm x 60 cm) met ’n pragtige materiaal of motief beperk.

Jy kan dit na gelang van die seisoen of jou bui verander. Gebruik verekussings vir ’n ekstraluukse gevoel – besoek www.grannygoose.com vir gehalte-opsies.

3. Vernuwe jou badkamer in 4 stappe

1. Versier ’n fokusmuur met verf of muurpapier.

2. Hang ’n spieël of geraamde afdruk op.

3. Belê in ’n paar nuwe pot- of hangplante.

4. Koop ’n nuwe badmat of handdoekies.

FOTO: iStock/Cecilie_Arcurs

LEES OOK:

9 slim maniere om jou badkamer vir langer skoon te hou

14 huiswenke wat jou geld sal spaar

5 vlekverwyderaars wat elke huishouding moet hê

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
13 goed wat jy nooit in die skottelgoedwasser moet pak nie

Ons sal beslis aanbeveel dat jy dié goed eerder met die hand was ...

Close