×
Skakel na Engels

3 maniere om jou binnenshuise ontwerpstyl vir die somer op te kikker

Wat van ’n nuwe voorkoms vir jou huis vir die somer?
Taylor blinds

Die somer is om die draai. Dis die ideale tyd om jou huis of kantoor mooi te maak en die sonnige seisoen te verwelkom! Taylor Blinds & Shutters het ’n paar fantastiese wenke oor hoe om jou somerstyl volgens internasionale neigings te vereenvoudig. 

1. Omarm eenvoud 

Een van die grootste neigings in kontemporêre binnenshuise ontwerp is om eenvoud in jou kantoorruimte te omarm. Meer kantore beweeg na industriële ruimtes waar onder meer die balke en elektriese toebehore onbedek gelaat word. Gebruik blindings van Taylor Shutters & Blinds om die ruimte-elemente in die gebou te komplementeer. Gebruik eenvoudige lyne en vars kleure in blindings vir ’n sterk, skoon, helder voorkoms waaroor werknemers dol sal wees.

Taylor Blinds 2

2. Hou dit neutraal

Wanneer jy met kleiner ruimtes werk, is dit belangrik watter kleure jy inspan. Monochromatiese kleurskemas met wit, beige, grysbruin, stofpienke en liggrys was in 2017 taamlik algemeen. Hierdie sagte kleure skep ruimtes van gerief, ontspanning en eenvoud. Die sagter kleure in Taylor Blinds & Shutters se gesofistikeerde blindings en skerms gee ’n vertrek die regte gemoedstemming en gevoel, en lig kan vir spesifieke behoeftes in ’n  vertrek aangewend word.

Taylor Blinds 3

3. Onthou, minder is meer

Eenvoud hoef nie vervelig te wees nie. Minder is in die meeste gevalle meer – hoekom probeer jy nie om minimalisme kunstig in te span nie? Beperkte meubels en netjiese ruimtes maak dit moontlik om ’n leefomgewing rondom funksionele noodsaaklikhede te laat draai. Dit skep ruimtes wat ’n ontspanne gevoel oordra. Bou vertrekke rondom treffende kern-items soos kunswerke en unieke meubelstukke, en laat die helder, natuurlike lig die middelpunt van jou huis word. Taylor Blinds & Shutters het ’n verskeidenheid skerms en blokkeringsblindings om jou eenvoud en ligbeheer op enige skaal te bied.

Taylor Blinds 3

Die Taylor-blindingreeks bied stylvolle, praktiese en eenvoudige oplossings vir jou lig- en temperatuurbeheerbehoeftes. Taylor Blinds & Shutters se jare ervaring beteken jy kan gehalte-blindings hê om by jou styl, ruimte en funksionele vereistes te pas. Taylor Blinds & Shutters bied rolblindings, vertikale, Venesiese, geweefte en materiaalblindings in verskeie kleure en style. 

Besoek www.taylorblinds.co.za vir nog inligting en inspirasie. Volg @TaylorShutters op FacebookInstagram en Twitter.  

 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 van die beste vloeibare lipstiffies om dié somer te probeer

Waarvoor wag jy?

Close