×
Skakel na Engels

3 geheime vir ’n mooi vel

Die geheim tot ’n gloeiende vel is nie net jou gunstelingprodukte nie
mooi vel

Daar is so baie dinge wat tot die voorkoms van jou vel bydra wat jou dokter wil hê jy moet weet. Bykans elke besoek aan die dokter hou met hierdie drie dinge verband, en dit beïnvloed alles hoe jou vel elke dag lyk en voel.

1. Vermy verwerkte kosse 

As jy met puisies of aknee sukkel, word dit waarskynlik veroorsaak deur die kosse met ’n hoë glisemiese indeks wat jy eet, soos witbrood, aartappelskyfies en suikerryke drankies. Behalwe dat hierdie kosse ongesond is, kan dit ook aknee veroorsaak en die kollageen in die vel afbreek as gevolg van verhoogde bloedsuikervlakke. Oorweeg dit om hierdie kosse vir ’n week uit jou dieet te sny en kyk of dit ’n verskil maak.

Lees ook: Die beste gids vir ’n mooi vel

2. Moenie jou vel te veel afskilfer nie 

As jy droë vel probeer wegskrop, kan jou vel agterna rou voel as jy dit nie behoorlik bevog nie. Die intense geskrop sal jou vel net in ’n erger toestand laat. Kies eerder ’n bevogtigende lyfwasmiddel as om verbete te probeer afskilfer. Probeer ’n lyfwas met gliserien, olies of seramiede as hoofbestanddele.

3. Bevog op die regte manier 

Soms voel dit soos ’n beslommernis om lyfroom aan te wend, soos wanneer jy dit vir twee tot drie minute vryf, maar dis die besbewaarde geheim vir ’n gloeiende vel. Die beste manier om te bevog is om die lyfroom reguit op en af te vryf, want dan absorbeer jou vel dit vinniger, eerder as in ’n sirkelbeweging, want dan word dit net rondbeweeg. Maak egter seker jy wend nie te veel lyfroom aan nie. Meet sowat ’n amandelgrootte hoeveelheid elk af vir elke arm en been en jou bolyf.

 

Hooffoto: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Jou gids tot velsorgbestanddele

Hoe om jou vel tydens jou swangerskap te versorg

5 kosse vir ’n vlekkelose gelaat

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die voor- en nadele van poriestrokies

Poriestrokies is dalk nié die antwoord vir ’n mooi vel nie

Close