×
Skakel na Engels

3 dinge wat jy nie geweet het WhatsApp kan doen nie

Gebruik hierdie wonderlike wenk om spasie op jou iPhone te herwin …
whatsapp

WhatsApp is ’n moet-hê vir slimfoongebruikers. Met hierdie boodskapdiens kan jy boodskappe, foto’s, video’s en selfs stemopnames na ander slimfone stuur. Nóg beter – jy spaar geld, want boodskappe word oor die internet in plaas van jou selfoonnetwerk gestuur. Maar al weet jy waarskynlik hoe om die basiese WhatsApp-funksies te gebruik, weet jy dalk nog nie van hierdie drie nuttige nuwe kenmerke wat op die iPhone-weergawe van die app beskikbaar is nie.

1. Kry boodskappe stuurgereed wanneer jy van lyn af is

Net soos met Apple se iMessage kan jy nou ’n boodskap opstel en stuur wanneer jy nie internettoegang het nie. Jou boodskap sal dan outomaties gestuur word wanneer jy weer aanlyn is. Tot op hede kon jy die boodskap opstel, maar indien jy die stuurknoppie sou druk, het niks gebeur nie. Gebruikers van die Android-weergawe van die app kon dit al geruime tyd doen, maar nou werk dit ook op iPhone-toestelle.

2. Stuur tot 30 foto’s op een slag

Voorheen kon jy ’n maksimum van 10 foto’s of video’s op ’n slag aanheg, maar nou kan jy tot 30 stuur!

3. Herwin spasie makliker

Jy kan nou ’n ontleding van al jou WhatsApp-gesprekke besigtig, én sien hoeveel spasie dit op jou slimfoon opneem – opgedeel in kategorieë soos foto’s, video’s, stemboodskappe, ensovoorts. Maak die Settings-menu regs onder op jou skerm oop en kies “Data and Storage Usage”, gevolg deur “Storage Usage”. As jy spasie wil skep, tik op ’n gesprek (volgens die kontak se naam gelys) en selekteer “clear chat”. Kies dan wat jy wil uitvee, byvoorbeeld net die foto’s, of die foto’s én die teks. Tik op “clear” om die items uit te vee en spasie te herwin.

Om dit te kan doen, sal jy na weergawe 2.17.1 van WhatsApp moet opdateer: Maak die App Store oop, selekteer die “Updates”-knoppie regs onder op die skerm en tik op “Update”.

Via: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/hocus-focus

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Keer dat jy hierdie algemene Facebook-fout begaan

Maak met ons stap-vir-stap-gids seker alles wat jy op Facebook plaas is nie vir die publiek beskikbaar nie. Deur Carrie-Ann...

Close