×
Skakel na Engels

3 dinge waarmee pasiënte dermatoloë tot raserny dryf

Het jy al ooit gewonder wat jou dermatoloog van jou dink? Wel, nou weet jy. Deur Meirav Devash
dermatoloë

Ja, die waarheid maak seer. Maar glo ons, jou dermatoloog is een dokter wat jy gelukkig wil hou. As jy dus enige van hierdie dinge doen, moet jy dalk jou velsorgroetine heroorweeg.

1. Jy eet verwerkte kos 

Pasiëntstudies dui op ’n verband tussen kos met ’n hoë glisemiese indeks (soos witbrood, tjips en suikerryke drankies), wat bloeddruk laat styg, met ’n hoër voorkoms van aknee en ’n afname in kollageen in die vel.

As jy met puisies sukkel, oorweeg dit ook om gluten vir ’n week uit te sny om te kyk of dit help; party dermatoloë glo dit speel ’n rol, hoewel studies nog nie ’n verband tussen gluten en hoë bloedsuiker bevestig het nie.

Lees: Is ’n glutenvrye dieet vir jou?

2. Jy probeer ’n droë vel afskilfer 

Dermatoloë is keelvol vir pasiënte wat hul vel rou skuur en dit nie ná die tyd genoeg bevogtig nie. Om ’n growwe vel te probeer glad skuur, stroop dit net meer, sê die dermatoloog dr. Heidi Waldorf. Verbreek die kringloop deur ’n bevogtigende lyfwasmiddel met gliserien, olies en seramiede te gebruik, en wend ’n voedende bevogtiger aan.

Lees: ’n Lyfmousse wat jy maklik kan maak

3. Jy bevogtig verkeerd of nie genoeg nie

Baie mense gebruik nie lyfroom nie, want hulle hou nie van daardie klam gevoel wanneer jy dit aanwend en om te wag vir die room om in te trek nie. Waldorf het die oplossing: “Die beste manier om ’n velroom aan te wend is nie in sirkelbewegings nie – dit druk net die room heen en weer. Beweeg eerder jou hande in ’n reguit lyn op en af. Dit sal vinniger in die vel intrek.” 

FOTO: iStock/kali9

LEES OOK:

Wanneer om ’n dermatoloog te besoek 

10 tuisondersoeke wat elke vrou moet doen 

Jou gids tot afskilfering

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief