×
Skakel na Engels

28-dag-stapplan: week III

Of jy gewig wil verloor of fiks raak, ons plan sal jou help om jou doelstellings te bereik. Dit gee jou die basiese stappe wat jy nodig het om aan die gang te kom en jou fiksheid in die loop van 28 dae te verbeter

Week 3: Teen hierdie tyd sal jy al vinniger loop en meer uitdagings aan jou liggaam stel, so kweek die gewoonte aan om ná elke stap ‘n paar strekoefeninge te doen.

Jou doel: Om minstens ses dae van die week 30 minute lank te stap, en jou staptyd tot 45 minute uit te brei op minstens drie van hierdie dae. Mik daarna om die meeste van die tyd ‘n vinniger pas te handhaaf.

 

Kliek hier vir Week I en Week II se program.

Laai die volledige plan hiér af.

 

Dag 15

Gee aandag aan jou tegniek – veral wanneer jy vinniger begin stap. Maak seker dat jy nie vooroor leun nie, wat jou liggaamshouding nadelig sal beïnvloed en stremming op jou gewrigte sal plaas, en moenie jou treë te lank rek nie. ‘n Groter aantal klein treetjies sal jou vinniger vorentoe help beweeg as ‘n paar lang treë.

 

Dag 16

Voeg ‘n paar onderbrekings by vandag se stap – stap vyf minute lank teen jou normale pas, en versnel dan tot by jou vinnigste pas. Hou dit drie minute lank vol voordat jy terugkeer na normaal. Herhaal twee maal tydens die stap.

 

Dag 17

Voel hoe daardie endorfiene deur jou are bruis. Ondersoeke het getoon dat stap net so doeltreffend soos antidepressante werk om ligte depressie teen te werk.

 

Dag 18

Geniet ‘n rusdag en doen iets anders, soos swem, dans of joga.

 

Dag 19

As dit jou doel is om gewig te verloor, kan net 15 minute se stap jou lus vir sjokolade onder bedwang bring. Wetenskaplikes by Exeter University in die VK meen dat stap breinchemikalieë beïnvloed wat help om jou gemoed en kosdrange te reguleer.

 

Dag 20

Doen vandag weer ‘n onderbroke stap. Stap vyf minute lank teen jou normale pas en versnel dan drie minute lank voordat jy weer na normaal terugkeer. Herhaal drie maal tydens die stap.

 

Dag 21

Gaan stap saam met die gesin – kry ‘n kort pretstap rondom ‘n plaaslike parkie of ‘n veilige, oop stuk veld soos ‘n natuurreservaat.

 

Bron: Good Housekeeping VK, Maart 2010

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
28-dag-stapplan: week II

Of jy gewig wil verloor of fiks raak, ons plan sal jou help om jou doelstellings te bereik. Dit gee...

Close