×
Skakel na Engels

28-dag-stapplan: week I

Of jy gewig wil verloor of fiks raak, ons plan sal jou help om jou doelstellings te bereik. Dit gee jou die basiese stappe wat jy nodig het om aan die gang te kom en jou fiksheid in die loop van 28 dae te verbeter.

Week 1: Stadig oor die klippe hierdie week.

Jou doel: Om minstens vyf dae van die week 30 minute – afgesien van jou normale daaglikse aktiwiteit – te stap.

 

Hier is ’n paar wenke om jou gemotiveerd te hou.

Laai die volledige plan hiér af.

 

Dag 1

Marsjeer ‘n paar minute lank op die plek om daardie stywe spiere ‘n bietjie los te maak, en warm dan vyf minute lank op voordat jy die stophorlosie druk om met jou stap te begin.

 

Dag 2

Stap regop met jou ken parallel met die grond, kyk reguit voor jou en trek jou  agterstewe in om die spanning op jou spiere en gewrigte te verlig. Wanneer jy stap, tref die grond met jou hak eerste en rol dan al die pad deur jou voet voordat jy ferm met jou tone vastrap om jou van die grond af te lig. Hou jou liggaam lekker los en ontspanne.

 

Dag 3

Doen die praattoets: As jy te veel hyg om te kan praat, stap jy te vinnig. As jy ‘n deuntjie kan sing, moet jy die pas aandraai.

 

Dag 4

Geniet ‘n rusdag. Moenie paniekerig raak as jy’n bietjie styf voel nie. Die pyn wat jy voel, is waarskynlik toe te skryf aan spiere wat in onbruik verval het en nou op aktiwiteit reageer.

 

Dag 5

Verhoog jou kardiovaskulêre oefeninge deur jou arms te swaai terwyl jy stap. Buig jou arms teen ‘n hoek van 90 grade en pomp jou elmboë vorentoe en agtertoe.

 

Dag 6

As jy nie baie tyd het nie, gaan stap net ‘n kort ent. Navorsers het vasgestel dat vroue wat vyf dae per week 30 minute lank stap byna dieselfde fiksheidsvlakke geniet as dié wat dit in drie langer stapsessies verdeel.

 

Dag 7

Geniet ‘n rusdag as jy voel jy het een nodig, maar naweke is die ideale tyd om ander betrokke te kry en die natuur te geniet. Gaan stap in die veld, by die see of in ‘n natuurreservaat.

 

Bron: Good Housekeeping VK, Maart 2010

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Joga vir diabetes

Om joga op ’n gereelde basis te doen, kan veel meer as net jou postuur verbeter

Close