×
Skakel na Engels

25 vrae om jou kind te vra in plaas van “Hoe was jou dag?”

Deur leidende vrae te vra benewens die gewone “hoe was jou dag?” sal jy beloon word met meer as net ’n skouerophaling en “oukei”
25 vrae om jou kind te vra

Jy weet mos hoe moeilik dit soms kan wees om enige iets oor jou kind se dag uit te vind. Dis eenvoudig te maklik vir hulle om jou “Hoe was jou dag?”-vraag met “goed …” of “oukei …” te beantwoord.

As jy jou kind egter meer leidende vrae vra, soos dié hier onder, sal jy meer te wete kom oor hoe dit by die skool gaan, en hulle sal dalk net die deur oopmaak vir ’n langer gesprek. Probeer dit gerus.

1. Het jy van die middagete in jou kosblik gehou?

2. Het enige iets wat jou onderwyser vandag gesê het jou laat lag?

3. Wat is die interessantste ding wat jy vandag geleer het?

4. Saam met wie het jy vandag pouse deurgebring?

5. As jy jou dag ’n punt uit 10 kon gee, wat sou dit wees?

6. Het enige van jou vriende jou vandag laat glimlag?

7. Wat is die lafste ding wat vandag by die skool gebeur het?

8. Was enige iemand uit jou klas vandag afwesig?

9. Het enige iemand by die skool vandag kwaad geraak?

10. Kon jy enige van die vrae beantwoord wat die onderwyser gevra het?

11. Wat was jou gunstelingklas?

12. Wat is die gewildste ding om gedurende pouse te doen?

13. Het enige iemand kos in hul kosblik gehad wat jy gewens het joune was?

14. Het jy vandag enige iemand gehelp?

15. Watter deel van die dag het jy die minste geniet?

16. Wat is een ding wat jy vandag weet wat jy nie gister geweet het nie?

17. Het enige iemand vandag in die moeilikheid beland?

18. Waarna sien jy môre by die skool uit?

19. Is jy gelukkig met die mense langs wie jy in die klas sit?

20. Het enige iemand vandag hartseernuus by die skool gehad?

21. Wat is jou gunstelingding wat in die snoepie verkoop word?

22. Wat is die verveligste ding wat vandag gebeur het?

23. Wat is die opwindendste ding wat vandag gebeur het?

24. Was daar vandag enige interessante aankondigings by die skool?

25. Het enige iemand by die skool vandag verjaar?

FOTO: iStock/BraunS

LEES OOK:

Hoe om jou kinders soggens uit die bed te kry

Dis maklik om ’n gesonde middagete vir jou kinders in te pak

8 veluitslae op kinders waarvan elke ouer moet weet

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Lees dít voordat jy vir jou kind hierdie “speelding” koop

Dink voordat jy koop ...

Close