×
Skakel na Engels

23 gedagtes wat elke vrou het wanneer die lente aanbreek

Dis heerlike lente! Maar kom ons wees eerlik – die gedagte aan warmer weer veroorsaak ‘n mate van paniek onder ons vroue, of hoe? Lees dit en lag ‘n bietjie …
spring thoughts

Ai, dis heerlike lente! Die belofte aan warmer weer, langer dae en ligter klere klink beslis baie aanloklik, maar kom ons wees nou maar eerlik – jy het al minstens een van hierdie gedagtes gehad:

1. Ek het myself verlede jaar belowe dat ek nie weer hierdie winter gewig sou optel nie.

2. Gooi al die koolhidrate en lekkernye in hierdie huis weg. Gooi. Dit. WEG!

3. Ek eet niks verder voor Desember nie.

4. Ek moet bruin brand.

5. Hierdie rok het verlede jaar beter gepas. O, aarde. Wat het gebeur?

6. Ek het vergeet om my beenhare te skeer … ek het vergeet HOE om my beenhare te skeer!

7. Kyk net na al die mooi blomme! Die pragtige kleure … en geure …

8. … o wee, skielik voel my sinus soveel erger.

9. Ek het die hele winter lank nie griep gehad nie! Ek het ‘n hele winterseisoen oorleef sonder om siek te raak!

10. … o nee, wag … hoekom krap my keel dan nou so?

11. Ek het van hierdie lieflike paar wighaksandale vergeet! Hoekom is dit weggesteek? Ek wil dit dra. Vandag nog!

12. Ek moes ‘n pedikuur laat doen het …

13. Het ek ooit nog lyfroom? Sal dit genoeg vir al twee bene wees?

14. Hoe het ek toegelaat dat die huis tydens die winter so morsig geword het?

15. Kan ek hierdie sonbrandmiddel nog gebruik? (Let wel: As jy moet vra, is die antwoord nee.)

16. Weg met die rooiwyn, laat waai met die witwyn!

17. Kom ons hou hierdie naweek ‘n swembadpartytjie … Wag, wat bedoel jy daar is nog reën op pad?

18. Ek gaan al my winterjasse wegpak. Ek gaan dit tog nie weer vanjaar dra nie. Wag, wat bedoel jy daar is nog reën op pad?

19. Ek moet my gimlidmaatskap benut …

20. … Hoekom is die gim so vol?

21. Ek het vergeet hoe om met sandale aan te loop – ek voel so onvas op my voete.

22. Ek moet winkels toe gaan en elke slaaibestanddeel denkbaar koop.

23. Hoekom is daar al Kersfeesvoorraad in die winkels? Ek is nog nie reg hiervoor nie!

FOTO: iStock/Rohappy

LEES OOK:

Ons 5 topparfuums vir die lente

3 slim maniere om jou huis dié lente op te vrolik

Sit lewe in jou grimering vir die lente

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Suzelle DIY: Wat om te doen wanneer jy op safari is

Ons kan net nie genoeg kry van Suzelle DIY se natuurgeïnspireerde uitrustings nie! Niemand kan heeltemal soos ons geliefkoosde selfdoenster...

Close