×
Skakel na Engels

22 feite wat Chappies-papiertjies ons geleer het

Hoe meer ons gekou het, hoe meer het ons geleer!
chappie

Suid-Afrikaners het reeds in die laat 1940’s begin om Chappies te kou – en op die koop toe sommer ’n spul interessante feite wys geword! Hier is 22 nuttige Chappies-feite.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

492: Piesangs is effens radioaktief omdat hulle soveel kalium bevat.

535: Inkvisse kommunikeer met mekaar deur van kleur te verander.

537: Aarbeie bevat per gewig meer vitamien C as lemoene.

543: Die eerste rekenaarprogrammeerder was ’n vrou met die naam Ada Lovelace.

508: Selfs al word 75% van ’n mens se lewer verwyder, sal dit tot sy oorspronklike grootte teruggroei.

509: Elke jaar in Swede word daar ’n hotel van sneeu gebou én bewoon totdat dit smelt.

554: Die duurste foto ooit is vir $4,3-miljoen verkoop. Dit was van ’n rivier.

555: Die Nokia-deuntjie is op ’n Spaanse kitaarwysie uit die jaar 1902 gegrond.

557: Die enigste straat in die wêreld wat twee Nobelpryswenners gehuisves het, is in Soweto.

584: Die gemiddelde mens slaap ’n derde van sy lewe om.

519: ’n Kreef se bloed is kleurloos, maar word blou wanneer dit aan suurstof blootgestel word.

520: Makadamianeute is giftig vir honde.

522: Mohammed is die algemeenste naam ter wêreld.

523: Maande wat op ’n Sondag begin, sal altyd ’n Vrydag die 13de hê.

524: Die vrees om sonder ’n selfoon te wees staan as nomofobie bekend.

541: Die koolstof in die menslike liggaam is genoeg om 9 000 loodpotlode te vul.

529: Rusland strek oor nege tydsones.

530: Slakke kan vir meer as ’n jaar hiberneer sonder om te eet.

531: Soccer City is die grootste stadion in Afrika, met amper 95 000 sitplekke.

619: Andry Rajoelina, die voormalige president van Madagaskar, was eers ’n platejoggie.

621: Rowan Atkinson (Mr. Bean) het ’n MSc-graad in elektroniese ingenieurswese.

604: Die swerfvalk kan teen meer as 300 km/h duik, wat dit die vinnigste dier ter wêreld maak.

En nou vir die oorspronklike Chappies-klingel uit die sewentigerjare. 

LEES OOK:

16 plaaslike soetgoed en peuselhappies wat Suid-Afrikaners wat oorsee woon die meeste mis

Local is lekker: ’n keur van Suid-Afrikaanse velsorgprodukte

18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe weet jy jy het in SA groot geword?

Hierdie terugflits sal jou vermaak as ’n kind was in Suid-Afrika in die 90's Deur Candice Quinton

Close