×
Skakel na Engels

19 Vadersdaggeskenke vir minder as R300 elk

Maak jou pa se dag
Vadersdaggeskenke

Dis nie te laat om vir jou pa ’n baie spesiale geskenk vir Vadersdag (hierdie Sondag, 18 Junie) te kry nie. Hier is ons 19 beste sakpas keuses vir minder as R300 elk.

1. R62,95 – Woolworths

coffee

Gee jou pa se oggend ’n bietjie ekstra smaak met Woolworths se reeks gegeurde gemaalde koffies vanaf R62,95. 

2. R69,99 – Woolworths

gin

Laat jou pa sy eie drankies skep met ’n verskeidenheid Infuse Your Booze-bottels van Woolworths vir R69,99 elk.

3. R95 – Barakashop

the_legend

Kry vir jou pa iets van Barakashop om teen die muur van sy studeer- of werkkamer te hang. Hierdie plakkaat van die legendariese Bob Marley vir slegs R95 is ’n goeie keuse. 

4. R135 – Zando

socks

’n Paar Happy Socks is een manier om jou pa dié Vadersdag ’n gelukkige man te maak. Kry dit by Zando vir vanaf R135.

5. R149 – Superbalist

pack it in

Toets jou pa se legkaartvernuf met ’n ingewikkelde kopkrapper wat net vyf stukke het. Kry dit by Superbalist vir R149. 

6. R150 – Clicks

cologne

Jou pa sal dol oor die vars nuwe geur van Adidas Ice Dive EDT wees. Kry dit vir net R150 by Clicks

7. R179 – Woolworths

toiletry bag

Hierdie toerits-toiletsakkie van die Longmarket Barber-reeks by Woolworths kos net R179.

8. R180 – Woolworths 

slippers

’n Paar gemaklike pantoffels van Woolworths vir R180 sal sy tone warm hou en sy hart bly maak. 

9. R199 – Yuppiechef.com 

grills

Help jou pa om die braaikoning te word wat hy wil wees met Le Creuset se resepteboek Grill & Plancha van Yuppiechef.com vir R199. 

10. R199 – Cape Union Mart 

gloves

Hou jou pa (of ten minste sy hande) warm met hierdie Nordiese K-Way-handskoene van Cape Union Mart vir R199. 

11. R249 – Takealot

honey

Hierdie Jack Daniel’s-geskenkstel met ’n tikkie heuning is iets wat – letterlik! – goed sal afgaan. Kry dit op Takealot vir slegs R249.

12. R260 – Clicks

hair gum

Help jou pa om sy baard te tem met Hairgum Special Beard Shampoo van Clicks vir slegs R260. 

13. R269 – Superbalist

top

’n Cool langmoutop sal hom warm hou op koue wintersdae. Kry hierdie een by Superbalist vir R269.

14. R275 – Zando

backpack

’n Rugsak is ideaal vir ’n pa wat van informele daguitstappies hou. Kry hierdie K7Star-rugsak van Zando vir R275. 

15. R279 – Spree

links

’n Paar stylvolle mansjetknope is ideaal vir ’n pa wat ’n pak werk toe dra. Kry dit by Spree vir R279.

16. R289 – Takealot

30 seconds

Gee jou pa ’n immergroen bordspeletjie soos 30 Seconds vir ure se pret saam met die hele gesin. Kry dit op Takealot vir R289. 

17. R299 – Makro

whiskey

’n Sagte Ierse whiskey soos Jameson is iets wat jou pa by meer as een geleentheid aan Vadersdag sal laat terugdink. By Makro beskikbaar vir R299.

18. R299 – Takealot

bake

As jou pa graag bak, sal Lorraine Pascale se Bake hom beslis inspireer. Kry dit op Takealot vir R299. 

19. R299,99 – Checkers

biltong

Moedig jou pa aan om biltong vir die hele gesin te maak met ’n Mellerware-biltongmaker van Checkers vir net R299,99. 

FOTO: iSock/GeorgeRudy

LEES OOK:

Vadersdaggeskenke vir elke begroting

Die perfekte Vadersdaggeskenk is net ’n kliek ver

Pa maak sy seuntjie se tekeninge ’n werklikheid

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
WAARSKUWING: Moenie die slagoffer van hierdie vals “Woolworths”-opname word nie

Met al die tyd wat ons op die internet deurbring, sal ons een of ander tyd ’n bedrogspul op sekere...

Close