×
Skakel na Engels

20 ongelooflike goed wat jy met klapperolie kan doen

Dis die produk waarvan almal deesdae praat, maar klapperolie het vele ongewone gebruike waarvan jy dalk nie weet nie

Danksy die antioksidantinhoud en hoë trigliseriedtelling, wat dit vir die liggaam moeiliker maak om dit in gestoorde vet om te sit as ander olies, verkies gesondheidsaanhangers om met klapperolie eerder as olyf- en sonneblom- of kanola-olie kos te maak. Maar dié veelsydige produk het ook baie ander gebruike:

 

1. Gebruik dit om hardnekkige ooggrimering te verwyder.

2. Klapperolie is ’n smaaklike koffieverromer.

3. Vryf dit aan jou lyf om jou vel te bevog en rekmerke te behandel.

4. Dis ’n doeltreffende behandeling vir brandboudjies by babas en skawing by volwassenes.

5. Gisinfeksies op die vel en kopvel reageer goed op die aanwending van klapperolie.

6. Wend dit aan ’n roof vir vinniger genesing.

7. Vryf die binnekant van jou neus met ’n druppel klapperolie om allergieë en ’n genies te verminder.

8. Te veel son? Klapperolie kan sonbrand streel.

9. Meng dit met sout om droë vel op voete, knieë en elmboë te verwyder.

10. Sukkel jou hond met ’n jeukerige vel? Vryf klapperolie aan sy pels om ’n geïrriteerde vel te streel.

11. Vryf dit in jou naelvelletjies om dit sag te hou.

12. Het jy sproei in jou mond? Spoel jou mond daarmee vir ’n paar minute. Voeg ’n druppel pepermentolie by en dit word ’n mondspoelmiddel.

13. ’n Lepel vol per dag hou blykbaar sooibrand en allergieë weg.

14. Maak haarborsels en grimeerkwassies skoon deur klapperolie daaraan te smeer. Los dit vir twee uur en was dan met babasjampoe.

15. Gebruik dit as ’n natuurlike skoenpolitoer vir leerskoene.

16. Klapperolie sal oortollige gom van meubels of ’n houtvloer verwyder.

17. Vryf klapperolie aan metaalartikels wat geneig is om te roes. Los dit vir twee uur en vee dan af.

18. In ’n onlangse studie is bevind klapperolie kan beenverlies en osteoporose help voorkom. Neem 3 eetlepels per dag.

19. Ly jy aan prikelbare-dermkanaalsindroom? Sommige studies dui daarop dat klapperolie die groei van probiotika in die spysverteringstelsel bevorder.

20. Gebruik klapperolie as ’n natuurlike en hoogs doeltreffende haaropknapper. Jy kom ver met net ’n bietjie.

 

Foto: iStock/Magone

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief