×
Skakel na Engels

20 modevondste wat jou hierdie winter slanker sal laat lyk

Moenie dat die koue jou keer om op jou beste te lyk nie!
modevondste

Die winter is hier, en al die lae wat jy oormekaar dra om warm te bly kan onvleiend wees. Hierdie 20 verslankende wintermodevondste sal jou warm hou én sjiek laat lyk. 

1. Houtskoolgrys midirok

Houtskoolgrys midirok R359 tot R399, Miladys (www.miladys.co.za)

Die lineêre manier waarop dié rok val, vlei en laat jou lyf langer lyk. Dra dit met vlootblou of swart sykouse en kniehoogte-stewels.

2. Parkabaadjie met intrekkoord

Parkabaadjie met intrekkoord R899, Queenspark (www.queenspark.com)

Die intrekkoord beklemtoon jou middel vir ’n verslankende uitwerking. 

3. Rooi parkabaadjie van keperstof

Parkabaadjie van keperstof R659 tot R699, Miladys (www.miladys.co.za)

Hierdie klein baadjie met sy gevormde middellyn is ’n juweel wat jou slanker sal laat lyk. 

4. Peplumbaadjie

Peplumbaadjie R180, MRP (www.mrp.com)

’n Gestruktureerde baadjie met nate op die regte plekke is uiters vleiend. 

5. Motorfietsbaadjie

Motorfietsbaadjie R370, MRP (www.mrp.com)

’n Motorfietsbaadjie met geribte detail en wat mooi pas, sal altyd verslankend wees. 

6. Crêpe-rok

Crêpe-rok R429, H&M (www.hm.com/za)

Vlootblou is ’n verslankende kleur, en die belt help om jou middel te beklemtoon. 

Lees: Twee belde is al wat jy nodig het

7. Lang swart kunspelsbaadjie

Lang kunspelsbaadjie R399 tot R439, Miladys (www.miladys.co.za)

Dié lang, sjiek baadjie laat jou lyf langer en slanker vertoon. 

8. Gestreepte hemprok

Gestreepte hemprok R429, H&M (www.hm.com/za)

Dié knielengte-rok met lang moue het ’n vertikale streeppatroon en ’n intrekkoord in die middel wat albei ’n verslankende uitwerking het.

9. Langmouhemp

Langmouhemp R379, H&M (www.hm.com/za)

Vertikale strepe is jou beste vriend wanneer jy slanker wil lyk. Kombineer dit met ’n geronde soom en splete aan die kante en jy het ’n wenner.

10. V-halstop

www.mrp.com

V-halstop R49,99, MRP

’n Eenvoudige swart top is fantasties as deel van ’n laag-op-laag-voorkoms. Die kleur is verslankend en die V-hals sal jou nek langer laat lyk. 

11. Kraaglose baadjie

Pienk geruite baadjie R559 tot R599, Miladys (www.miladys.co.za)

Die dik swart omboorsel sal jou middel dunner laat vertoon. Dra dié baadjie by ’n swart polohalstop vir ’n stadsjiek uitrusting. 

12. Gebreide jas

Gebreide, getekstureerde jas R799, Queenspark (www.queenspark.com)

Hierdie stylvolle swart jas is die perfekte kleur en lengte om jou slanker te laat lyk. 

13. Swart veloer-maksiromp

Swart maksiromp R359 tot R399, Miladys (www.miladys.co.za)

’n Lang item wat sag val, sal jou lyf langer laat lyk. 

14. Katpak met kantdetail

Katpak met kantdetail R220, MRP (www.mrp.com)

Hierdie subtiele kombinasie van nousluitend en lospassend is die perfekte manier om jou figuur te vlei. Dra ’n knielengte-woljas daarby en jy’s gereed vir die koue.

15. Slooprok

Slooprok met kolletjiemotief vanaf R599, Woolworths (www.woolworths.co.za)

Hierdie getailleerde rok sal jou lyf se vorm vlei. 

16. Pofbaadjie met kappie

Pofbaadjie met kappie R775, Truworths (www.truworths.co.za)

Glo dit of nie, ’n voller top of baadjie kan vleiend vir jou bene wees. Maak net seker jy dra dit by ’n spanbroek of nousluitende jeans.

17. Soldatejas

Soldatejas R370, MRP (www.mrp.com)

Hierdie soldatejas is gestruktureerd en getailleerd en sal jou silhoeët verslank. 

18. Broek met potloodstrepies

Broek met potloodstrepies R180, MRP (www.mrp.com)

Potloodstrepies is jou beste vriend as jy ’n verslankende patroon soek. Dra hierdie broek met ’n kraakvars wit hemp en ’n donker baadjie vir ’n sjiek kantoorvoorkoms.

19. Nousluitende omvourok

Omvourok vanaf R399, Woolworths

Die geplooide middel sal jou figuur vlei. 

20. Netjiese broek

Netjiese broek R999, Woolworths (www.woolworths.co.za)

Die struktuur en belt van hierdie broek sal jou middel dunner en jou bene slanker laat lyk. 

Met hierdie fantastiese modevondste hoef die koue jou nie te keer om op jou beste te lyk en selfversekerd te voel nie! #GHMode

FOTO: iStock/andresr

LEES OOK:

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

5 verrassende skoonheidsgeheime van ou Hollywood

Seleb-ma’s en hul spieëlbeeld-dogters

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
20 vleiende rokke met moue vir ’n stylvolle wintervoorkoms

Lyk hierdie winter mooi vrolik en vroulik sonder om te voel asof jy vries!

Close