×

Ons 10 geliefkoosde Afrikaanse rolprente

Daar is min dinge so lekker soos om ’n goeie rolprent in jou moedertaal te kyk!

 

Van dramas tot spanningsverhale en ons gunsteling-genre – romanse. Hier is ons 10 toprolprente van oor die jare.

Ons gunstelinge:

10. Ballade vir ’n enkeling 

Wanneer die skrywer Jacques Reynard nie opdaag om ’n gesogte letterkundeprys te ontvang nie, wonder almal waar hy homself bevind. Die joernalis Carina, wat deur Donna-Lee Roberts vertolk word, probeer hom dan opspoor. Dié rolprent, wat op ’n uiters gewilde TV-reeks uit die 80’s gegrond is, volg Jacques se lewe oor die jare. 

9. Hoor my lied

Hierdie 1967-rolprent handel oor David Retief, wat deur Gé Korsten gespeel word, wie se dogter in ’n ernstige motorongeluk verlam word. Die nagevolge van dié ongeluk het ’n invloed op hul almal se lewens en sorg vir groot drama en intriges. 

8. Vir altyd

Nina, wat deur die aktrise Donna-Lee Roberts gespeel word, se verloofde los haar op hul beplande troudag alleen voor die kansel. Ná hopeloos te veel sjampanje beland sy steeds in Mauritius op haar wittebrood, maar saam met haar ou skoolliefde (deur Ivan Botha vertolk). Dié dilemma sorg vir baie vermaak.

Kyk die voorprent hier:


7. Dis ek, Anna

Anna Bruwer, wat deur die aktrise Charlene Brouwer gespeel word, is agt jaar lank deur haar stiefpa mishandel. Sy het genoeg gehad en besluit om iets daaraan te doen, maar dit het tragiese gevolge. Hierdie rolprent sal jou lank bybly, maar dis nie vir sensitiewe kykers nie. 

Kyk die voorprent hier:

6. Sink

Hierdie treffende fliek gaan oor Rachel, ’n Mosambiekse huishulp in Suid-Afrika wie se lewe onherroepbaar verander wanneer haar dogter onder die toesig van haar werkgewer verdrink. Rachel moet besluif of sy kan bekostig om terug te keer na Mosambiek en of sy by dié werkgewer, wat nou haar eie kind verwag, gaan aanbly.

Kyk die voorprent hier:

5. Die storie van Klara Viljee

Hierdie rolprent handel oor Klara (Anna-Mart van der Merwe), ’n meisie van ’n klein kusdorpie wat sukkel om die verlede agter te laat sedert haar pa en kêrel se afsterwe.

4. Dis koue kos, skat

Dié rolprent is op ’n boek (met dieselfde titel) van die skrywer Marita van der Vyver gegrond. Clara, wat deur die aktrise Anna-Mart van der Merwe vertolk word, se man verkul haar en sy is die laaste een om daarvan uit te vind. Haar nuwe lewe as ’n enkellopende vrou is vol opwindende eerstes!

Kyk die voorprent hier:

3. Fiela se kind

Hierdie rolprent is op die skrywer Dalene Matthee se boek met dieselfde titel gegrond. Fiela, wat deur Shaleen Surtie-Richards vertolk word, woon in die Knysna-woud. Eendag daag daar ’n seuntjie, Benjamin, op haar stoep op en sy maak hom as haar eie groot. Nege jaar later vind Benjamin se biologiese ouers hom en neem hom huistoe.

2. Vir die voëls

Dié fliek handel oor Irma, wat deur die aktrise Simoné Nortmann gespeel word, wat haarself nie soos ander meisies ag nie. Haar lewe draai boonop glad nie uit soos sy gedink het nie …

Kyk die voorprent hier:

1. Noem my skollie

’n Suid-Afrikaanse fliek waarop ons baie trots kan wees. Dié drama handel oor Abraham “AB” se lewe op die Kaapse Vlakte en daarna wanneer hy en sy vriend aan ’n rooftog skuldig bevind word en in die tronk beland. Hier word hulle met die realiteit van bendes gekonfronteer en word hul lewens vir altyd verander. Die rolprent is op die ware verhaal van die skrywer John W. Fredericks gegrond. Dit was selfs Suid-Afrika se inskrywing vir die 2017 Oscar-toekennings.

*Nie vir sensitiewe kykers nie.

 

LEES OOK: 

FOTO: Twitter @donnaleeroberts

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Dié selebs se rokke het die wenkbroue laat lig by die 2017 Met Gala

’n Paar van die hoogte- en laagtepunte by vanjaar se Met Gala

Close