×
Skakel na Engels

15 goed wat jy in jou vakansienoodhulpkissie móét pak

Moenie dat ’n hoofpyn of insekbyt jou vakansie ruïneer nie!
vakansienoodhulpkissie

Wanneer jy vir jou somervakansie inpak kan jy maklik in die opgewondenheid vasgevang raak en net dink aan goed soos jou nuwe sarong, die stapel boeke wat jy wil lees, en die spesiale bottel vonkelwyn wat jy vir Oujaarsaand spaar. Jy sal hopelik ook ’n paar noodsaaklikhede onthou, soos jou paspoort (as jy oorsee gaan reis), selfoonlaaier en sonskermmiddel. Baie mense vergeet egter een belangrike ding – ’n noodhulpkissie. 

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

As jy bekommerd is dat noodkomberse en verbande kosbare pakplek in jou vakansietas gaan opneem, ontspan! Ons het ’n lys van 15 basiese noodsaaklikhede opgestel vir ’n kompakte, maar nuttige noodhulpkissie vir jou vakansie, hetsy jy op pad na die berge of die strand is.  

15 dinge wat jy in jou noodhulpkissie moet hê:

1. Pleisters (verskillende groottes)

2. Gaasbande (en doekspelde)

3. Watteballetjies of oorstokkies

4. ’n Skêr

5. Ontsmettingsalkohol

6. Termometer

7. Handreiniger

8. Mediese handskoene

9. ’n Haartangetjie

10. Antibiotiese salf

11. Salf vir jeukplekke, insekbyte, veluitslae of ander velirritasies

12. Pynstillertablette

13. Antihistamientablette

14. Tablette vir naarheid en/of rysiekte

15. Oogdruppels

EN MOENIE DIE sonskermmiddel, násonroom, insekweerder en ’n flits vergeet nie – ’n mens moet áltyd ’n flits in jou handsak of motor hê wanneer jy iewers heen ry. Veilig reis, almal!

FOTO: iStock/adventtr

LEES OOK:

3 noodnommers wat alle Suid-Afrikaners moet ken 

Search somervakansie Noodhulpgids vir somervakansiebeserings

5 dinge wat ek in ’n noodhulpkursus geleer het

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 eenvoudige stappe om jou huis te beveilig wanneer jy met vakansie is

Gaan jy met vakansie? Hierdie stappe sal help om jou huis te beveilig terwyl jy weg is

Close