×
Skakel na Engels

14 wenke vir ’n ekovriendelike Kersfees

Ekovriendelike maniere om te verseker dat jou Kersfees se impak so kléin as moontlik is
ekovriendelike

Die feestyd met al die vreugdevolle vierings, familietyd en vakansie-ontspanning is ’n wonderlike tyd waar die bedoeling dikwels is om die grootste impak moontlik te maak. Hier is 14 ekovriendelike maniere om te verseker dat jou Kersfees se impak so klein as moontlik is, veral op die omgewing:

Versierings:

1. Gebruik LED- of sonenergieligte in plaas van gewone gloeilampe wat baie krag verg, en onthou om geblaasde gloeilampies te vervang waar moontlik, in plaas van die hele string weg te gooi.

2. Die grootste gedeelte van Kersklappers, veral die speelgoed binne-in, beland in vullingsterreine. Los óf die klappers heeltemal, of maak dit self sodat jy dit met iets eetbaars of regtig nuttigs kan vul.

3. Gebruik soja-, byewas- of groente-oliekerse eerder as paraffien, want dit is meer ekovriendelik.

Kersbome:

4. Balsemdennebome, ’n tradisionele boom wat tydens Kersfees gebruik word, groei nie goed in die warm Suidelike hemisfeer nie. Kry dus iets wat esteties mooi lyk wat of in ’n pot of die grond geplant kan word, of waarvan kompos gemaak kan word. Japanse seders (vra by jou plaaslike kwekery) lyk net so mooi.

5. Kunsmatige bome word algemeen as sleg vir die omgewing beskou – hulle gebruik onherwinde en onherwinbare materiale en word dikwels ná ’n paar jaar weggegooi, wat stortingsterreine besoedel. As jy egter reeds ’n nagemaakte boom het, gebruik dit elke jaar vir so lank jy kan, en versorg dit goed sodat jy dit nie hoef uit te gooi nie.

6. As jy vir die eerste keer ’n Kersboom kry, kies ’n lewende boom in ’n pot. Plant dit elke jaar in ’n nuwe pot om vir groei voorsiening te maak totdat dit te groot raak, en plant dit dan buite.

Geskenkpapier:

7. Oorweeg ’n mooi blik, teedoek of serp as ’n ekovriendelike “omhulsel” wat deel van die geskenk kan wees, en gebruik dit agterna weer.

8. Koop geskenkkaartjies met sade pleks van gewone kaartjies, of herwin ou geskenkkaartjies en -papier as geskenketikette.

Geskenke:

9. Kies geskenke wat volhoubaar of plaaslik vervaardig is om die koolstofvoetspoor te beperk en koop aanlyn om ritte na winkels te verminder.

10. Gee plante, kruie of sade, want dit is geskenke wat aanhou gee. (Sluit enige sorginstruksies in om seker te maak dit bly aan die lewe!)

11. Beperk besteding op batteryaangedrewe goedere – batterye kan nie herwin word nie en beland die meeste van die tyd in stortingsterreinge. As iets krag nodig het, koop herlaaibare en sonkragaangedrewe kragbronne.

Vermaak:

12. Wanneer jy soveel kos maak, onthou om enige groenteskille en dies meer vir kompos te gebruik.

13. Bêre oorskiet in herbruikbare houers. Pleks van foelie of kleefplastiek, wat nie herwin kan word nie, gebruik herbruikbare materiaalbedekkings om groot borde of die openinge van kraffies te bedek.

14. Wanneer dit by servette kom, is lapservette (veral van linne) meer ekovriendelik as papierservette, selfs al neem jy die vervaardiging en was in ag.

LEES OOK:

10 selfdoen-toedraai-idees vir Kersgeskenke

3 selfdoen-Kersbome

Kos-alternatiewe vir ’n gesonde Kersfees

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief