×

11 watertandlekker somernageregte

Niks is so lekker soos ’n ryk, botterige gebakte poeding ná ’n Sondagmiddagete nie, maar snikhete somerdae vra vir verfrissende, kleurryke nageregte, soos hierdie watertandlekker keuses

Het jy vriende of familie vir ’n Sondagbraai oorgenooi? Sluit dit op ’n soet noot af met een van dié watertandlekker – en heerlik somerse – nageregte af. En daar is iets vir almal – of jy nou van ’n romerige, vrugtige of bevrore nagereg hou.

1. Koel kalante

Maak jou eie yslollies by die huis met hierdie heerlike resepte. Voeg ’n bietjie vodka, rum of sjokoladelikeur by vir ’n meer volwasse weergawe.

GHK070115_052

2. Copacabana-vrugteslaai

Die smaak van hierdie watertandlekker tropiesevrugteslaai sal jou oombliklik neem na êrens waar dit warm en sonnig is. Sing nou saam met ons: “Her name was Lola, she was a showgirl …”

Year: 2014 Month: 07 Page: 163

3. Bevrore bessieterrien

Die perfekte nagereg vir daardie warm somerdae! Beïndruk jou gaste met hierdie prentjiemooi terrien. Jy kan enige soort bessies gebruik.

terrine

4. Tropiese granita

Sluit ’n familiefees op ’n soet dog ligte, vrugtige nooit af met hierdie maklike granita. Onthou om dit die dag vooraf te maak, want dit moet oornag vries.

tropicalgranita

5. Semifreddo-bessieskuimpies

Ons is dol oor alles van hierdie somerse nagereg: Dis koel en romerig en eenvoudig heerlik! Dis net so lekker soos tradisionele roomys, maar baie makliker om te maak.

120321_006_SemiFredo_web

6. Roomysbroodjies

Kan daar ’n makliker somernagereg wees? Maak hierdie watertandlekker “toebroodjies” vooruit en vries dit vir tot drie uur. Eksperimenteer gerus met verskillende geurkombinasies en bolae.

Unknown

7. Bevrore jogurtterrien

Dié treffende nagereg is ongelooflik maklik om te maak – en om laevetjogurt pleks van room te gebruik, spaar kilojoules. Maar wie tel nou?

Unknown

8. Framboos-en-vanielje-”roomkoek”

Fyngemaalde kasjoeneute gee hierdie heerlike poeding ’n fluweelsagte romerigheid. Gebruik ’n hoëspoedvermenger vir die beste resultate.

raspberry-stack

9. Somer-poedingkoek

Wat elke somerfees nodig het – ’n nagereg wat die koppe laat draai! Dié een bied die beste van twee wêrelde – poeding en koek in een. En die beste van alles? Jy hoef dit nie te bak nie.

Unknown

10. Reuben Riffel se koekstruif met skuimpies en somervrugte

Wys jou MasterChef-vaardighede met hierdie gedekonstrueerde koekstruif. Dis lig, vrugtig en vars en lyk amper te mooi om te eet – amper!

cat_large-17

11. Swartbessie-en-drop-sorbet
’n Hemelse kombinasie! Dié heerlike nagereg sal jou beslis op ’n warm somerdag afkoel. En sorbets is relatief vinnig en maklik om te maak, wat minder tyd in die kombuis en meer tyd by die swembad beteken.

Unknown

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 klassieke handsakstyle

Daar is geen groter belegging vir jou klerekas as ’n handsak waaroor jy altyd dol sal wees nie

Close