×
Skakel na Engels

11 huishoudelike artikels wat ’n vervaldatum het waarvan jy waarskynlik nie geweet het nie

Ons vergeet nooit om die vervaldatums van melk of brood na te gaan nie, maar die meeste van ons weet nie eens dat hierdie artikels ook ’n datum het wanneer jy dit moet weggooi nie

1. SPONSE

Twee weke

Swamme en muf begin in stort- of badsponse broei. Vervang hulle elke twee weke of kook (natuurlike en sintetiese) stortpoffertjies in warm water om kieme dood te maak.

2. HANDDOEKE

Een tot drie jaar

Klam handdoeke bied die volmaakte omgewing vir bakterieë om te groei – jig! Selfs al was jy dit gereeld, kan jy nie van hierdie kieme ontslae raak nie.

3. HAARBORSELS

Een jaar

Jy behoort dit minstens een keer per week skoon te maak en dit een keer per jaar te vervang.

4. BRA’S

Een tot twee jaar

Jy behoort jou bra weg te gooi sodra dit sy vorm of elastisiteit verloor het, of wanneer dit ongemaklike word om te dra (wanneer die draadondersteuning jou begin steek).

5. KUSSINGS

Twee tot drie jaar

Kussings word mettertyd ’n broeiplek vir stofmyte en kan selfs nekpyn veroorsaak weens verlies aan vorm en ondersteuning.

6. PANTOFFELS

Ses maande

Pantoffels is die volmaakte omgewing vir swaminfeksies – siesa! Was dit gereeld, maar die ideaal is om dit elke ses maande of so te vervang.

7. DRAFSKOENE

Een jaar

Sodra hulle 400-500 km afgelê het, begin jou tekkies hul kussingondersteuning verloor, wat beteken jou voete word nie behoorlik ondersteun nie en dit kan tot beserings lei.

8. MUSKIETWEERDERS

Twee jaar

Muskietweerders raak ná twee jaar minder doeltreffend en is nie meer bruikbaar nie.

9. SONSKERMMIDDELS

Drie jaar

Gooi sonskermmiddels weg wat hul vervaldatum bereik het, want dit sal nie meer die vlak van sonbeskerming kan bied wat dit beloof nie. As daar nie ’n vervaldatum op die bottel is nie, skryf die datum waarop jy dit gekoop het met ’n merkpen êrens op die bottel.

10. KARSTOELTJIES VIR KINDERS

Ses tot 10 jaar 

Die spons en ander materiale verloor mettertyd hul vorm en fermheid, wat beteken die sitplek sal jou kind nie kan beskerm soos dit moet nie.

11. VEELPROPPASSTUKKE

Een tot twee jaar

As jy ’n passtuk te veel gebruik, kan dit toestelle beskadig of selfs gevaarlik wees. Vervang dit elke een tot twee jaar.

*Bron: Bright Side

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief