×
Skakel na Engels

10 speelgoed wat jou kind sal help om fikser te word

Prettige maniere om hom of haar aan die beweeg te kry
speelgoed

Volgens die verslag van Healthy Active Kids South Africa (Haksa) het Suid-Afrikaanse kinders ’n D gekry vir algehele fisieke fiksheid en motoriese vaardigheid. Oorgewig- en vetsugvlakke styg voortdurend onder Suid-Afrikaanse kinders en volwassenes en volgens die studie sal 3,91 miljoen skoolkinders teen 2025 oorgewig wees as die huidige vetsugkoers in Suid-Afrika nie verander nie.

Die verslag het onthul dat meer as die helfte van die laerskoolkinders wat getoets is ondergemiddelde objekbeheervaardighede gehad het, soos om te gooi, skop en vang. Dit geld veral meisies en kinders in ’n stedelike opset. Dit beteken dat Suid-Afrikaanse kinders ’n verandering moet maak, veral wat fisieke aktiwiteit, gesonde eetgewoontes en ’n gesonde gewig betref. 

“Hierdie statistieke is skokkend en kommerwekkend. Ouers moet hul deel doen om te verseker dat kinders van die rusbank afbly en uitkom, en met speelgoed speel wat ’n vlak van fisieke aktiwiteit aanmoedig,” sê die ouerskapkenner Nikki Bush.

Bush sê fisieke en breinstimulering is noodsaaklik, en een manier om te verseker dat kinders van geboorte tot 12 jaar fiks bly, is om soveel beweging as moontlik aan te moedig. Hier is 10 speelgoed wat ouers vir hul groeiende kinders kan koop om hul fiksheidsvlakke op ’n prettige manier te verbeter:

1. Oefenfiets | Prys: R1 399 |  Toy Kingdom

2. Gly-en-dubbelswaaistel | Prys: R1 499 | Makro

3. Vlieër | Prys: R65 | Takealot

4. Houtkegelbalstel | Prys: R299 | Makro 

5. Prettige doelspel | Prys: R250 | Toy Kingdom

6. Skopfiets | Prys: R480 | Toy Kingdom

7. 4.5 Voettrampolien | Prys: R1 299 | Makro

8. Springtoue | Prys: R279 | Takealot

9. Rolskaatse | Prys: From R1 119 | Takealot

10. Skaatsplank | Prys: R239 | Makro

FOTO: iStock/microgen

LEES OOK: 

Hoe om jou kinders soggens uit die bed te kry

Perdry vir kinders: Wat ouers moet weet

Die ideale ouderdomsgaping tussen kinders

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Alles wat ouers van die gevaarlike nuwe “deodorant-uitdaging” moet weet

Hierdie gevaarlike nuwe gier is besig om soos ’n veldbrand op sosiale media te versprei. Deur Katie Jones

Close