×
Skakel na Engels

10 slim, vernuftige maniere om brandstof te bespaar

Maak jou tenk minder gereeld vol met brandstofbesparende wenke van die hoof van ’n oliemaatskappy

“Om jou beursie en die planeet groen te hou, bewapen jouself met dié onbekende en werklik moeitelose truuks wat gewaarborg is om brandstof te bespaar,” sê Chris Faulkner, uitvoerende hoof van die Breitling Energy Corporation in Texas in die VSA.

1. Leer die basiese beginsels van “hipermyle”

Hipermyle is ’n bestuurstyl wat jou ’n verrassende hoeveelheid brandstof kan bespaar. (Mik daarna om gladweg te bestuur, moenie te veel versnel of te hard rem trap nie. Verander die rat voordat jy 2 500 revolusies in ’n petrolaangedrewe motor bereik en 2 000 in ’n dieselaangedrewe motor vir ’n brandstofbesparing van 15%. Moenie teen ’n hoë spoed ry nie en gebruik die handrem wanneer jy teen ’n heuwel wegtrek pleks van die enjin se toere op te jaag. Kyk by www.hypermiler.co.uk vir wenke oor gevorderde tegnieke soos vrywiel ry en uitkering.)

2. Parkeer in die skadu.

Petrol verdamp uit jou brandstoftenk en sal vinniger verdamp wanneer jy in die son parkeer, ongeag watter seisoen dit is. Wanneer jy in die skadu parkeer, sal die temperatuur in jou motor ook laer wees en sal jy die lugversorger minder hoef te gebruik wanneer jy weer met die motor ry. As daar nie skadu beskikbaar is nie, parkeer só dat jou petroltenk weg van die direkte son wys. Om verdamping verder te verminder maak seker jou petroldop is lugdig, en koop petrol wanneer dit koeler is gedurende die dag (verkieslik vroegoggend of saans).

3. Skakel jou motor af wanneer jy vir langer as ’n minuut (soos in ’n tou) gaan staan.

Moenie jou motor laat luier nie, nie terwyl jy dit opwarm of stilstaan nie. Skakel eerder jou enjin af, want dit verbruik meer brandstof wanneer die enjin luier as om die motor weer aan te sluit.

4. Hou jou vensters toe wanneer jy op die snelweg ry.

Oop vensters kan jou petrolverbruik met soveel as 10% verhoog. Maak die vensters oop in stop-ry-verkeer en skakel die lugversorger af om geld te spaar. Deur die lugversorger af te skakel wanneer jy dit nie regtig nodig het nie, kan jy tot 10% brandstof bespaar.

5. Koop ’n ander kar

Oorweeg dit om ’n meer brandstofdoeltreffende motor te koop – ’n diesel- of hibriedmotor – en huur brandstofdoeltreffende motors wanneer jy reis.

6. Moenie met oorbodige gewig

Soos gholfstokke, die spaarstootwaentjie of bottels vir herwinning rondry nie. Haal die dakrak af, wat jou motor se aërodinamiese doeltreffendheid kan belemmer en brandstofekonomie met 5% kan verminder.

7. Maak by jou meganikus seker watter oktaanpetrol jou motor se enjin regtig nodig het.

Die meeste motors het nie die hoë oktaan nodig nie, hoewel die handleiding sê dit word “aanbeveel”.

8. Skakel oor na hoëverrigtingvonkproppe.

Iridiumbedekte “verrigting”-proppe skep ’n meer robuuste verbrandingsvonk wat tot ’n voller, doeltreffender verbranding in die verbrandingskamer bydra. As jy dit doen, sal die motor meer krag hê met beter brandstofdoeltreffendheid en laer emissies.

9. Gebruik die laagste viskositeit olie wat deur jou motorvervaardiger aanbeveel word.

Let egter daarop dat die gebruik van olie met ’n laer viskositeit as wat aanbeveel word, onveilig kan wees. Oorweeg dit om na ’n sintetiese olie (en outomatiese-transmissie-vloeistof) oor te skakel, want sintetiese materiaal kan wrywing in die kragoorbringstelsel verminder, brandstofverbruik verbeter en jare by die lewe van jou enjin voeg. Én jou motor sal minder olievervangings nodig het as jy eers na sintetiese olie oorgeskakel het.

10. Elke bietjie help

Laastens, maak sou sitplekgordel vas vóórdat jy die enjin aanskakel om ’n paar sekondes van enjingebruik te spaar. Dit dra alles by!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief