×
Skakel na Engels

10 Oujaarsaandgeleenthede by restaurante oor die land heen

Oujaarsaand kom vinnig nader en die restaurante raak vol. Deur Nikita Buxton, Lauren Josephs en Lindsay September
Oujaarsaandgeleenthede

As jy 2018 op ’n hoë noot wil ingaan, is hier ’n lys restaurante waar heerlike Oujaarsaandetes aangebied word. Maak gereed om by een van hierdie spogrestaurante in jou omgewing te gaan eet en jou glasie in styl op die nuwe jaar te klink.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Johannesburg:

Of jy nou ’n laatontbyt of aandete beplan, bespreek nóú jou plek. Hier is ’n paar restaurante waar jy op Oujaarsaand kan gaan eet.

1. Chief’s Boma (Fourways)

Kom eet en dans die nuwe jaar in by Chief’s Boma. Lê weg aan ’n watertandlekker buffet met opsies soos gekruide hoendervlerkies en heuningmosterd-beeskortribbetjies vir voorgereg, hoofgeregte soos geroosterde lamstjops bedien met ’n romerige kruisementsous; en nageregte soos Amarula-crème brûlée, tradisionele koekstruif en koeksisters. Die koste is R495 per persoon en R990 per paartjie. Bespreking is noodsaaklik. Skakel 011 840 6600 of e-pos indaba@indabahotel.co.za.

 

A Taste of Africa ! 😋 located at the Indaba Hotel, Spa & Conference Centre in Fourways, this award winning African Restaurant is sure to delight with over 120 African inspired dishes celebrating the Continent’s diverse Cuisines including a Shisa Nyama Action Grill specializng in game meats – a definite must for local and international guests alike 300 seater which means …. 😮🤔👩‍👩‍👧‍👧👨‍👩‍👧‍👦👨‍👩‍👧‍👦 everyone is invited ! you need to “come hungry” because their variety of things to try is vast and sure to satisfy any pallet ! Spend this festive season surrounded by family and feast at Chiefs Boma Restaurant ! @indabahotel #shisanyama #chiefsboma #gohungry #leavefull

A post shared by The Weekend Magazine (@theweekendmagazine) on

2. Vivace Restaurant (Sandton)

Geniet ’n vyfgang-ete by die Vivace Restaurant by The Raddison terwyl jy die laaste minute van 2017 aftel. Die aand, wat ’n welkomdrankie en musiekvermaak insluit, kos R485 per persoon. Geniet gesmoorde kortrib-arancini as voorgereg, vir hoofgeregte ’n gebraaide lamskenkelstuk met ’n geroosterde knoffel-en-sampioensous, en as nagereg wit sjokolademousse met gekrummelde sjokoladebrownies en bessie-compote. Bespreking is noodsaaklik. Skakel 011 245 8000 of e-pos info.johannesburg@radissonblu.com.

 

Fresh line caught snapper #freshinfreshout #vivacerestaurant

A post shared by Vivace (@vivacerestaurant) on

Pretoria

Neem afskeid van 2017 en eet, drink en dans 2018 in! Gaan hou jou Oujaarspartytjie by een van hierdie eetplekke in Pretoria:

3. Forti Grill & Bar (Menlyn Maine)

Vier die Oujaar met ’n vyfgang-proe-spyskaart, musiekvermaak en goeie wyn. Die spyskaart spog met geregte soos gerookte salmrose; lumaconi gevul met kalfsvleis, ricotta en oondgeroosterde sampioene; gebraaide koningklip, tiersteurgarnale en veel meer. R750 per persoon; geen kinders onder 12 nie. Skakel 012 0036181 / 083 467 2588 / 076 260 3025 of e-pos info@forti.co.za.

4. Meadow Green Restaurant by African Pride Hotel Irene Country Lodge (Irene)

Geniet ’n welkomdrankie voordat jy by die heerlike buffettafel inval. Begin met ’n romerige sampioen-velouté met papawersaadcrostini alvorens jy na die chartcuterie en hoofgeregte beweeg waar jy kan kies uit marmelade-geglaseerde varklies met ’n appel-en-salievulsel, oondgebraaide kruisstuk, stadig gesmoorde beesstert met wortelgroente en meer. Los plek vir nagereg en ’n verskeidenheid kase. Die koste per persoon is R595. Bespreking is noodsaaklik. Skakel 012 667 6464 of e-pos lodge@irenecountrylodge.co.za.

Lees ook: Eet dít om beter te slaap

Durban

Geniet ’n feestelike Oujaarsaand by een van hierdie restaurante in die hawestad:

5. 9th Avenue Bistro (Morningside)

Vier die begin van die nuwe jaar met ’n heerlike viergang-ete (insluitend ’n glasie granaat-en-tiemievonkelwyn). Die ete kos R595 per persoon en bestaan uit geregte soos bereide jenewersalm met crème fraîche en ’n tuisgemaakte saadbroodjie, bros eend met ’n aartappel-en-feta-rösti, en ’n Belgiese-donkersjokolade-torte met witsjokoladeroomys. Skakel 031 312 9134 of e-pos info@9thavenuebistro.co.za om te bespreek.

6. Bel Punto (Umdloti)

Verkyk jou aan die asemrowende see-uitsig terwyl jy ’n Italiaanse driegangfees geniet. ’n Platejoggie sal musiek verskaf vir diegene wat die nuwe jaar wil indans. Bespreking is noodsaaklik. Skakel 031 568 2407 of stuur ’n e-pos aan info@belpunto.co.za. Die koste is R1 200 per persoon, drankies uitgesluit.

 

Regram from Instagram user @hishaamt. We are glad you had such a good time! #italian #seafood

A post shared by Bel Punto (@bel_punto) on

Kaapstad

Van swierige tema-aande tot partyjies met ’n sjampanjeskop, sorg dat jy dié Oujaarsaand in styl vier by een van hierdie Kaapstadse restaurante:

7. Foxcroft (Constantia)

Sjefs Scot Kirton en Glen Williams se stylvolle restaurant, wat vir Eat Out se toptien-restaurante vir 2017 genomineer is, hou ’n Oujaarsete teen R1 400 per persoon. Skakel 021 202 3304 om jou plek te bespreek.

8. ON19 Restaurant (Voorstrandgebied)

Geniet ’n lieflike uitsig en ’n uithaler-ete vir R1 450 per persoon. Gaste kan uitsien na geregte soos paling met kaneelgegeurde tamatiesous, hoisingeglasuurde koningklip, kreef thermidor-ravioli, en ’n witsjokolade-en-mascarpone-bavarois. Skakel 021 412 999 om te bespreek.

Kaapse wynlande

Begin 2018 met fantastiese geregte, vermaak en sjampanje by hierdie restaurante in en om die Kaapse wynlande:

9. Dutch East Restaurant (Franschhoek)

Lê weg aan ’n sesgang-ete by die Dutch East Restaurant met musiekvermaak en ’n geskenkie vir elke gas. Die ete kos R950 en gaste ontvang ’n glasie sjampanje waarmee hulle die laaste sekondes na die nuwe jaar kan aftel. Skakel 021 876 3547 om te bespreek.

 

Yummy yummy love in my tummy!

A post shared by Liz Richter (@lizrichter8) on

10. Makaron Restaurant (Stellenbosch)

Vir R2 000 per persoon kan jy die Oujaarskarnaval by Makaron Restaurant bywoon. Gaste kan vanaf 19:30 vir ’n heerlike aandete met wynkombinasies en vermaak begin aansit. Skakel 021 880 1580 of stuur ’n e-pos na restaurant@majekahouse.co.za om te bespreek.

 

Fresh summer eating at #Makaron. #majekahouse #stellenbosch #smallplatemenu

A post shared by makaron (@makaronrestaurant) on

Bron: EatOut

FOTO: iStock/Todor Tsvetkov

LEES OOK:

Eet dít vir minder stres

Restaurantresensie: ryk geure en Italiaanse flair

6 geregte met ’n verrassende oorsprong

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
En die wenners van die 2017 Eat Out Mercedes-Benz-restaurantpryse is …

Wel gedaan!

Close