×
Skakel na Engels

10 goue reëls om SA se hoë padsterftesyfer te help verlaag

Kom ons wees eerlik: SA se hoë padbesering- en sterftesyfers is skokkend. Deur Caira-Lee Durand
padsterftesyfer

Die hoeveelheid mense wat op ’n daaglikse basis op Suid-Afrikaanse paaie in ongelukke beseer word of sterf, is so baie dat die regering en instellings soos die Global Road Safety Partnership, dit ’n epidemie noem. Tydens die Global Road Safety Partnership-konferensie vroeër vanjaar in Kaapstad het raadslid Brett Herron opgemerk dat 1 400 mense elke jaar op paaie in die Wes-Kaap verongeluk, of anders gestel: drie tot vier mense per dag. ” ’n Verdere 17 mense word elke dag op Wes-Kaapse paaie beseer,” sê Herron.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Dit is duidelik dat daar iets drasties gedoen moet word, en alhoewel dit maklik is om die regering vir ’n gebrek aan die nodige infrastruktuur en hulpbronne te blameer, moet motoriste hulle deel doen om Suid-Afrika se hoë besering- en padsterftesyfers te bekamp.

“Volgens ’n verslag wat in Augustus 2016 deur die WNNR (Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad) uitgebring is, kos padongelukke die Suid-Afrikaanse ekonomie ongeveer R143 biljoen per jaar. Menslike faktore word as die grootste bydraer tot ongelukke en sterftes aangetoon, en is verantwoordelik vir 77% van die bydraende faktore.”

Alhoewel die Global Road Safety Partnership hulle vir ’n land sonder ongelukke en sterftes beywer deur saam met wetstoepassers en regeringsinisiatiewe te werk, kan motoriste hulle deel doen deur nie net verantwoordelik en veilig te bestuur nie, maar ook deur met hul voorbeeld te lei.

By die Global Road Safety Partnership-konferensie is die volgende 10 “Goue Reëls” vir veiliger bestuur bekendgestel:

1. Hou by die snelheidsgrens.

2. Moet nooit dronk bestuur nie.

3. Maak gebruik van ’n kinderstoeltjie.

4. Wees altyd oplettend.

5. Sit jou veiligheidsgordel aan.

6. Moenie teksboodskappe stuur terwyl jy bestuur nie.

7. Hou stil wanneer jy moeg is.

8. Dra ’n valhelm.

9. Laat jou bande nagaan.

10. Maak seker dat jy gesien kan word (voetgangersigbaarheid).

Bron: WOW

FOTO: iStock/GummyBone

LEES OOK:

10 gewoontes van ’n goeie bestuurder

Gids tot bestuursveiligheid gedurende sonop en sononder

Dinge gaan binnekort verander vir diegene wat na die VSA vlieg

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
SA se 10 trotsste oomblikke in 2017

Wat ’n warrelwind van ’n jaar! Hierdie hoogtepunte het ons hart van trots laat swel!

Close