×
Skakel na Engels

10 gewildste SA selebs op Instagram

Hierdie plaaslike selebs ken duidelik die kuns om meer as net ’n paar volgers te kry

10. DJ Zinhle – 1,4 miljoen volgers

DJ Zinhle is ’n baie talentvolle Suid-Afrikaanse platejoggie in klubs. Dié beroepsvrou is ook die ma van haar eenjarige dogter, Kairo Owethu Forbes (oftewel BabyK), saam met die musikant en plaaslike seleb AKA.

9. Cassper Nyovest – 1,6 miljoen volgers 

 

Game face!!! 23 days till we #FillUpFnbStadium WILL YOU BE THERE?

A post shared by Refiloe Phoolo 🇿🇦 (@casspernyovest) on

Dié beroemde rapper beklee die negende posisie te midde van taai kompetisie. Cassper Nyovest, oftewel Refiloe Maele Phoolo, is ’n Suid-Afrikaanse opnamekunstenaar en musiekprodusent. Sy debuutalbum, Tsholofelo, is in 2104 uitgereik.

8. Pearl Thusi – 1,7 miljoen volgers 

 

Mood.

A post shared by Pearl Thusi (@pearlthusi) on

Dié Suid-Afrikaanse aktrise, model en radio- en TV-persoonlikheid is die huidige aanbieder van Lip Sync Battle Africa, asook Moments South Africa. Sy het haar internasionale debuut as aktrise gemaak in die tweede seisoen van die Amerikaanse TV-misdaaddrama Quantico, waarin sy die rol van Dayana Mampasi vertolk.

7. Bonang Matheba – 1,7 miljoen volgers

 

Mood. 🌞👑😌🌟😁

A post shared by Bonang Matheba (@bonang_m) on

Die koningin is in die sesde posisie en regeer hoog in die wolke met 1,5 miljoen volgers! Bonang Matheba is ’n Suid-Afrikaanse sakevrou, televisiepersoonlikheid en voormalige platejoggie. Sy is bekend as die aanbieder van die gewilde SABC1-musiekprogram Live en is nou die nuutste aanbieder op Top Billing.

6. Boitumelo Thulo – 1,7 miljoen volgers 

 

Children are my happy place. 😩😍💕😘😁

A post shared by Boitumelo Thulo (@boity) on

Sy beskryf haarself as ’n gelowige en is ’n legende in wording. Hierdie Suid-Afrikaanse seleb druk haar stempel plaaslik af. Sy is ’n gewilde TV-persoonlikheid en die aanbieder van Ridiculousness Africa en sedert 2106 ook ’n tradisionele geneser.

Sy was ook romanties met nommer nege op die lys, Cassper Nyovest, verbind tot Desember verlede jaar. Dié skoonheid, wat as “Boity” bekend staan, is onstuitbaar!

5. Minnie Dlamini – 1,9 miljoen volgers 

As ’n TV-aanbieder en mediapersoonlikheid het Minnie Dlamini die eerste Suid-Afrikaanse persoonlikheid geword wat een miljoen Instagram-volgers gehad het! Sy het nou amper 2 miljoen en toon geen tekens dat sy die pas verslap nie.

Toe sy gevra is wat haar geheim vir Instagram-roem is, het sy gesê: “Vind uit wat die beste vir jou werk op sosiale media en dan wat werk vir die volgers wat jy wil lok. Vind dan die sinergie tussen die twee.”

4. Trevor Noah – 1,9 miljoen volgers

Suid-Afrika se geliefde komediant Trevor Noah het sy stempel hier afgedruk met sy skerpsinnige, skreeusnaakse kommentaar en diep insig in die land. Deesdae is hy die aanbieder van die gewilde Amerikaanse TV-aandprogram The Daily Show, wat voorheen 16 jaar lank deur Jon Stewart aangebied is. Hy kan nou topverkoper-skrywer by sy lys prestasies voeg nadat sy boek, Born A Crime, amper oombliklik ’n New York Times-topverkoper geword het. 

3. Charlize Theron – 3 miljoen volgers

Dié Suid-Afrikaanse ikoon is beroemd in Hollywood en het A-lysstatus. Sy bemark tans haar nuwe fliek, The Fate of the Furious, wat die agtste aflewering in die gewilde fliekfranchise The Fast and the Furious is.

Sedert sy ’n Oscar vir haar rol in Monster gewen het, het Charlize die ma van twee kinders, ’n seun, Jackson, en ’n dogter, August, geword.

2. AB de Villiers – 4,3 miljoen volgers

 

The Oakley boys are happy and ready for the summer @oakley @sethhulley

A post shared by AB de Villiers (@abdevilliers17) on

Die Suid-Afrikaanse krieketspeler en gesinsman AB de Villiers is die enigste sportman onder die toptien! Dié 33-jarige sportfiguur, wat tans die kaptein van die Suid-Afrikaanse eendag- internasionale krieketspan is, is ’n gunsteling in plaaslike en internasionale krieket.

1. Candice Swanepoel – 11,4 miljoen volgers 

 

Thank you for having me @bottegaveneta 🌸 natural beauty by: @patmcgrathreal @guidopalau #MFW @kegrand @bitton

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

xxxxxxxxxx

Gemaklik in die eerste plek is die Suid-Afrikaanse supermodel Candice Swanepoel met 10,9 miljoen volgers! Dié blonde skoonheid is ’n internasionaal erkende supermodel wat die bekendste vir haar werk saam met die onderklerehandelsmerk Victoria’s Secret is.

Swanepoel het in artikels in die Amerikaanse, Italiaanse, Britse, Spaanse, Duitse, Russiese, Australiese, Brasiliaanse, Japannese, Koreaanse, Chinese en Mexikaanse Vogue verskyn; in die Britse, Italiaanse en Chinese Elle; die Amerikaanse en Koreaanse Harper’s BazaarV; Allure; en W.

Eervolle vermelding: Behati Prinsloo – 5,1 miljoen volgers

 

Beautiful event last night. #LACMA @gucci thank you for having me ✨glam: @cwoodhair @michaelashton and 💋 to my gorgeous date @rosiehw

A post shared by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

Hoewel sy nie tegnies ’n Suid-Afrikaner is nie, moet Behati Prinsloo ’n eervolle vermelding kry. Sy is van Namibië. In 2008 het sy die eerste Victoria’s Secret PINK-kontrakmodel geword en toe in 2009 ’n Victoria’s Secret Angel.

Sy was in nege opeenvolgende Victoria’s Secret-modevertonings. Behati is getroud met Adam Levine van die musiekgroep Maroon 5 en hulle het ’n ses maande oue dogter, Dusty Rose.

FOTO: iStock/alexsl

LEES OOK:

A-lys-diëte wat jy in die nuwe jaar liefs moet vermy

5 verrassende skoonheidsgeheime van ou Hollywood

3 plaaslike selebs laat Suid-Afrikaanse harte swel van trots

* Die getal Instagram-volgers vir elke seleb was korrek teen die tyd wat die artikel geplaas is.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 wenke om jou Boomerang-vaardighede vir Instagram op te skerp

As jy reeds dol oor die sosialemedia-webwerf Instagram is, is ons seker jy weet van die byvoeg-app Boomerang

Close