×
Skakel na Engels

10 geskenkidees vir onderwysers vir minder as R200

Duisend dankies aan al die onderwysers daar buite!
onderwyser

Die einde van die skooljaar is net ’n paar dae weg, en wat ’n jaar was dit nie! Een manier om jou dankbaarheid teenoor jou kind se onderwyser te betoon, is met ’n oulike geskenk – net iets om dankie te sê vir al hul hulp en moeite met jou kind deur die jaar.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

Natuurlik is dit ’n duur tyd van die jaar, en daarom het ons ’n lysie opgestel van fantastiese geskenke wat alles minder as R200 kos.  

1. Koffiebekerstel met skoenlappermotief (R99,95)

Clicks

Hierdie is die ideale geskenk, want watter onnie kan nié met ’n ekstra koppie koffie of tee op ’n dag doen nie?! Gee gerus ’n pakkie koekies ook saam.

2. Carrol Boyes-voëltjiesuikerlepel (R149)

Yuppiechef.com

Hierdie praktiese en elegante suikerlepel is die perfekte geskenk saam met ’n paar mooi koffiebekers. Dis ’n wonderlike manier om iemand se Carrol Boyes-versameling aan te vul (of te begin!).

3. Ferrero Rocher-sjokolades (R165)

Clicks

Niks sê “baie dankie” soos ’n tamaai boks Ferrero Rocher-sjokolades nie! Die verpakking laat die geskenk boonop ekstra spoggerig lyk.

4. Chloe-serp met veermotief (R199)

Poetry

Hierdie ligte serp is ’n uitstekende toevoeging tot enige klerekas en dis perfek vir koeler somerdae en -aande. Die lieflike ontwerp maak dat dit saam met verskeie uitrustings sal werk. 

5. Opdienbord (R119)

Clicks

Hierdie opdien- en kaasbord is ’n fantastiese geskenk, veral vir die onderwyser wat gereeld onthaal of van kosmaak hou. 

6. Le Creuset-silikoonpotstaander (R189)

Yuppiechef.com

Dis ’n slim en mooi manier om te keer dat warm potte en panne werkoppervlakke beskadig, of om te keer dat ’n bak gly wanneer jy iets meng of roer.

7. Oliebranderstel (R139)

Clicks

Hierdie oliebranderstel met sy geurmiddels en teeligkersies is ’n wonderlike manier om jou kind se onderwyser te help ontspan ná ’n lang jaar.

8. Tropiese rekarmband (4 stringe) 

Poetry

Hierdie veelsydige armbandstel sal seker maak die onderwyser onthou jou kind wanneer sy dit ook al dra!

9. Sorbet se Sleep Rescue Shooting Star-geskenksak (R130)

Clicks

Alle onderwysers verdien ’n bietjie vertroeteling. En hierdie geskenk is ideaal vir ’n pamperlangsessie! Só kan hulle goed uitrus vir die nuwe jaar en sy dinge …

10. Yuppiechef se “Thank you”-geskenkpak (R199)

Yuppiechef.com

’n “Thank you”-geskenkpak van Yuppiechef is ’n gawe manier om jou kind se onderwyser te bedank. Dit bevat verskeie lekkernye soos nougat, koekies, en soutkaramel-springmielies.

FOTO: iStock/Sasiistock

LEES OOK:

5 alternatiewe geskenkidees wanneer jy nie weet wát om te gee nie

Hoe om stinkerige skoolsakke skoon te maak

Search 16 dinge 16 dinge wat jy sal weet as jy dieselfde beste vriendin sedert skool het

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
25 oulike geskenke vir R150 en minder wat jy vir vriendinne kan koop

Ons maak dit maklik om die perfekte geskenk te kies

Close