×
Skakel na Engels

10 anonieme Kersgeskenke vir minder as R100

Fantastiese idees, fantastiese pryse!
geskenke

Hetsy jy iets vir jou niggie, kollega of ’n totale vreemdeling moet koop, ons het ’n lys van 10 bekostigbare en nuttige “geheime Kersvader”-geskenke saamgestel. Daar is iets vir almal!  

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Beige katoog-sonbril

Vir die vriendin wat alles het, maar nie ’n stylvolle sonbril kan weerstaan nie.

R89, Miladys

2. Nescafé Dolce Gusto Café Au Lait-koffiekapsules

Vir die koffieliefhebber wat nie sy of haar dag sonder kafeïen kan begin nie.

3. Katvoet-kleefnotas

Vir die kollega wat dol oor diere is.

R49,99, MRP Home

4. Humble + Mash Rain-beker

Vir die dekorliefhebber wat nie ’n mooi en bruikbare toevoeging tot hul huis sal weier nie.

5. Pop-verf in die kleur Macaroon

Vir die selfdoen-entoesias wat mal oor pienk is.

6. Priceless Treasure-prent

Vir die kunsgeesdriftige wat ’n eenvoudige dog asemrowende uitsig sal waardeer.

7. Skull Cactus-notaboek

Vir die beplanner wat nooit genoeg skryfplek het nie.

R39,99, MRP Home

8. Anthonij Rupert Protea Sauvignon Blanc

Vir die wynliefhebber wat daarvan hou om nuwe wyne te probeer.

9. Trudeau-maatlepels

Vir die bakker (jy kan nooit genoeg maatlepels hê nie!).

10. Nomu-vryfmiddels (in verskeie geure)

Vir die bobaas-braaier wat daarvan hou om met nuwe geure te eksperimenteer.

R55 elk, Yuppiechef.com

FOTO: iStock/portishead1

LEES OOK:

Ruk jou huis reg voor Kersfees: 3 weke oor

16 geskenkidees vir jou man onder R300

25 oulike geskenke vir R150 en minder wat jy vir vriendinne kan koop

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Video: Hierdie snaakse Suid-Afrikaanse Kersfeesliedjie gaan jou dag maak!

’n Bietjie plaaslike vermaak vir die feestyd!

Close